Vra vir Faffa

Aanpassing van skape op oesreste

Vraag

Elke jaar as ek my skape in die afgeoeste mielielande injaag, vrek daar ‘n paar skape aan suurpens. Is daar iets wat ek kan doen om die aanpassingsperiode te verkort en vrektes te voorkom?

Antwoord

 Aanpassing van skape op weimielies/oesreste: Lacticon™ S maak die aanpassing van skape makliker, veiliger en meer winsgewend.

 

Inleiding

Mielie- oesreste/ weimielies is ‘n belangrike voedingsbron en ‘n integrale deel van die voervloeiprogram vir skape in die saaigebiede. Mielie-oesreste/ weimielies kan as ‘n relatief goedkoop weidingsbron gebruik word mits dit so doeltreffend as moontlik deur skape benut kan word en verliese a.g.v. suurpens so goed moontlik beperk word. Die risiko van suurpens is veral groot op weimielies en vars gestroopte lande waar groot hoeveelhede graan op die lande beskikbaar is, en groot verliese a.g.v. vrektes en swak prestasie kan voorkom. Wanneer skape vanaf veld/ weiding op mielie- oesreste/ weimielies kom, is die rumen (grootpens) nog aangepas om ruvoer te verteer en glad nie aangepas vir die hoë hoeveelheid stysel wat ingeneem word d.m.v. graanpitte op die lande nie.

 

Die algemene praktyke wat gevolg word om skape aan te pas op dié hoë graan/ styseldieet behels o.a. die toepassing van beperkte weityd op mielie- oesreste/ weimielies (skape word oor ‘n periode van tyd elke dag vir beperkte tye op die oesreste/ weimielies gejaag) of skape word vir ongeveer twee weke aangepas op mielievoeding (skape word basies oor ‘n periode van 2 weke, daagliks toenemende hoeveelhede mielies gevoer) voor hulle op mielie-oesreste/ weimielies gejaag word.

 

Selfs wanneer hierdie aanpassingsprosedures gevolg word, kan daar nog steeds skape wees wat suurpens opdoen en skade word gely a.g.v. swak prestasie en selfs vrektes.

Navorsing toon dat die hoeveelheid mielies op ‘n vars gestroopte land kan wissel van 100 – 300kg/ ha en dat ‘n skaap tot 800g mielies binne ‘n halfuur kan vreet (Hendrik van Pletzen, Voermol Voere, Afgriland, Junie 2009). Dié skielike verhoging in styselvlakke in die rumen wanneer skape die graanpitte vreet, lei dikwels daartoe dat die normale mikrobepopulasie se vermoë om stysel na die gunstige vlugtige vetsure om te skakel, oorskry word. Dit gee sogenaamde ongunstige mikroörganismes, soos Streptococcus bovis en Lactobacilli, die geleentheid om vinnig in die rumen (grootpens) te vermeerder en stysel om te skakel na melksuur, wat 10 keer sterker as die gunstige vlugtige vetsure is.

 

Melksuur is ‘n sterk suur en word algemeen beskou as die mees prominente suur verantwoordelik vir skerp daling in rumen- pH en gevolglike suurpens. Die gevolg van suurpens sluit in; lae en wisselvallige voerinname, diarree, opblaas, skape wat “styf” loop, laminitis, en rumenwand skade. Die eindresultaat van suurpens is gevolglik verlaagde en ondoeltreffende voerbenutting en groei, gesondheidsprobleme en vrektes in ernstige gevalle.

 

Hoe kan die probleem van melksuur in die rumen aangespreek word?

Megasphaera elsdenii is die belangrikste melksuurbenuttende mikroörganisme in die rumen van herkouerdiere wat aangepas is op hoë-styseltipe diëte. Hierdie organisme speel ‘n belangrike rol om die opbou van melksuur en gevolglike suurpens in die rumen te voorkom tydens die aanpassing van hoë-ruvoer na hoë-stysel tipe diëte, soos tipes die geval sal wees waar skape op vars gestroopte lande, met groot hoeveelheid mieliepitte (ryk aan stysel) gejaag word.

Megasphaera elsdenii getalle in die rumen is egter laag in die rumen wanneer lae- styseltipe diëte gevoer word, soos wat tipies die geval sal wees waar skape vanaf veld/ weiding op mielie- oesreste/ weimielies gejaag word. Die herkouer se natuurlike Megasphaera elsdenii populasie in die rumen groei stadig en het tyd nodig om sodanig te vermeerder dat hoë- stysel tipe diëte suksesvol hanteer kan word. Daar is gevolglik dikwels ‘n wanbalans tussen die melksuurproduserende en melksuurbenuttende mikroörganismes in die rumen van skape wat aanpas op hoë- stysel tipe diëte.

Vir die volledige artikel lees hieronder

Geskryf deur: Pieter Oosthuizen, Produkbestuurder, Afrivet (pieter.oosthuizen@afrivet.co.za)

2 Augustus 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X