Vra vir Faffa

Aanpassing van rumen mikro-örganismes

Vraag

Vertel asb. meer oor wat gebeur met die rumenorganismes as die dieet verander.

Antwoord

Dit is so dat die rumenmikro-organismes (RMO) moet aanpas as die dieet verander.  Hoe groter die verskil tussen die vorige dieet en die nuwe dieet (bv. van gras na voerkraalrantsoen met hoë graan-inhoud) hoe noodsaakliker raak die aanpassing om metaboliese steurnisse (bv. suurpens) te voorkom.  Om volkome van ‘n grasweiding na ‘n voerkraalrantsoen aan te pas, neem ongeveer drie tot vier weke, maar met die gebruik van buffers, ionofore, LaticonB, ensovoorts kan herkouers met welslae binne 7 tot 10 dae aangepas word.
 
Waar skape van droë veldweiding na groen aangeplante weiding geskuif word, sal die beste opsie wees om van beperkte weityd gebruik te maak deur hulle aanvanklik net vir een uur/dag op die aangeplante weiding te laat wei en dit dan mettertyd langer te maak.  Waar aangeplante weiding beperk is, behaal skaapprodusente uitstekende resultate deur skape vir slegs 2½ uur per dag op aangeplante weiding te laat wei en die res van die tyd op die veldweiding. Groen, sappige en aktief-groeiende, blaarryke weiding kan ook suurpens veroorsaak indien die diere aanvanklik nie geleidelik daarop aangepas word nie of as hulle nie ook toegang tot droë hooi of veldweiding het nie
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
20 November 2009
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X