Vra vir Faffa

Aanpassing van beeste op suurveld

Vraag

Ek gaan binnekort grond huur met suurveld en dro? lande. Ek gaan ook by die buurman ’n kudde Simbras aanskaf omdat die beeste klaar aangepas is. Maar die beeste se kondisie is swak en die bosluise vreet hulle op. Wat sal my 1ste stappe wees om te begin om hierdie diere se toestand weer tops te kry. Hul vrugbaarheid is nog steeds hoog en die koeie het ’n goeie kalfpersentasie rekord.

Antwoord

Op droë weiding moet ‘n proteïenaanvulling verskaf word, maar om seker te maak dat hierdie diere nie dalk aan ‘n southonger ly nie en hulle dan aan die proteïenlek oorvreet wat tot ureumvergiftiging aanleiding kan gee, moet hulle eers ‘n sout fosfaatlek gevoer word. Voer hierdie diere met aankoms by die nuwe bestemming vir 14 dae ‘n fosfaatlek (meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg sout). Skakel daarna na ‘n proteïenlek oor (sien aangeheg vir meer inligting). Die diere wat maer is, moet in ‘n aparte kamp geplaas word en ‘n produksielek (1 tot 1.5 kg/bees/dag) gevoer word. As produksielek kan een van die volgende lekke gebruik word (sien www.voermol.co.za):

·       Voermol Produksielek (klaargemeng);
·       Voermol Super 18 (klaargemeng);
·       Meng 250 kg Voermol Dundeelekkonsentraat met 50 kg Voermol Rumevite 12P + 550 kg gemaalde mielies + 150 kg sout en
·       Meng 500 kg Voermol Premix met 50 kg Voermol Rumevite 12P + 500 kg gemaalde mielies.
 
Kontak naaste veearts of ‘n verteenwoordiger van ‘n farmaseutiese maatskappy oor die behandeling van diere teen bosluise.
Lees ook:
         Werking van amitras
         Eie dipmengsel
         Weerstand teen bosluise
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
22 Mei 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X