Vra vir Faffa

Aankoop van ou dragtige koeie om mee te teel

Vraag

Ek wil dragtige ou koeie koop omdat ek reken hulle het op die boer se plaas oud geword omdat hulle regtig goeie koeie is. Die boer reken die koeie is omtrent 9 jaar oud. Wat ek wil weet, is hoe oud kan vleisbeeskoeie word ten einde te bepaal of ek darem nog ’n paar kalwers van hulle af sal kan kry.

Antwoord

‘n Vraag wat dikwels gevra word, is: Watter is die beste koei op my plaas ? Die eenvoudige antwoord is dat dit die oudste koei op die plaas en wel om die eenvoudige rede dat sy nog op die plaas is omdat sy nog altyd goed presteer het. Om dus ‘n boer se ou koeie te koop, is myns insiens ‘n baie goeie idee en sekerlik een van die beste metodes om goeie teelmateriaal te bekom.

Uit u skrywe kan egter nie afgelei word  watter ras hier ter sprake is nie. As ‘n algemene reël kan gesê word dat Indicus tipe diere gewoonlik ouer word as jou Britse vleisrasse. Een van die rasse wat die oudste word, is die Texas Longhorns en dit is bekend dat koeie van hierdie ras tussen 20 en 30 jaar oud word. Sover bekend was die oudste koei genaamd “Big Bertha” 49 jaar oud toe sy dood is en het sy 38 kalwers geproduseer.

In die meeste gevalle word koeie uitgeskot as gevolg van swak reproduksie en/of tande wat geslyt is. Koeie wat 9 jaar oud is, behoort nog vir ‘n paar jaar te kan produseer mits hulle tande nog in goeie toestand is.

Geskryf deur: Dr. Hannes Dreyer, Besturende Direkteur, Veldbul RSA (VBRSA),

Sel: 082 823 1045, hannesdreyer@vodamail.co.za


Kommentaar

Een kommentaar op “Aankoop van ou dragtige koeie om mee te teel

  1. nw boer
    nw boer

    Ek het ook ou koeie gekoop by n bekende simentaler teler in nw en sal dit nooit weer doen koop dragtige verse wat deur n top bul gedek is ek sal net ou koeie koop as ek embrios will spoel om in jong beeste in te plant daar is n rede hoekom n boer n ou koei verkoop as dit sy top koei is sal hy met haar teel tot sy dood gaan van ouderdom


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X