Vra vir Faffa

Aangeplante weidings vir Boerbokke en Dorperskaap in Namibië

Vraag

Ek wil graag Boerbokke en moontlik Dorperskaap op aangeplante weidings aanhou in die Gobabis of Mariental/Maltahoë omgewing. Watter meerjarige gras of gewasmengsel sal goed werk in die omgewing? Ek wil graag weet of daar 'n indikasie is van die hoeveelheid water wat beskikbaar moet wees om die weiding te besproei. Watter metode van watertoediening sou die beste wees?

Antwoord

Boerbokke is redelik maklik is, as dit by beweiding kom. In Natal is daar byvoorbeeld groot sukses met bokke op kikoejoe in die somer behaal (kikoejoe is natuurlik glad nie geskik vir julle wêreld nie!). In julle kontrei sal ek aan somergrasse soos borseltjiegras, bloubuffel, smutsvinger en kweek dink. Selfs eenjarige somer voersorghum of baster babala, as dit kort gehou word. Vir die lente en herfs is meerjarige langswenkgras baie geskik en dit moet natuurlik besproei word.  In die winter, ook onder besproeiing, kan van die wintergrane (hawer of rog) gebruik word. In koeler dele is raaigras natuurlik nommer een. Dit is egter te warm by julle daarvoor.  Besproeiing vir die langswenkgras en hawer of rog moet so teen 25 tot 30 mm per week toegedien word. Gewone sprinkelbesproeiing met sleeplyne bly maar ekonomies die beste. Ek dink met die hoë verdamping in julle gebied sal vloedbesproeiing  te veel water gebruik.

Vir die drakrag van die verskillende grasse kyk na die antwoorde oor weiding wat reeds verskyn het.
Geskryf deur: prof Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
26 April 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X