Vra vir Faffa

Aangeplante weiding vir skape

Vraag

Ek wil graag meer uitvind oor aangeplante weiding vir skape. Inligting soos bv. soorte saad om te saai, tyd van die jaar om dit te saai, hoeveelheid saad per vierkante meter, hoeveelheid skaap per vierkante meter, word benodig. Enige inligting sal baie welkom wees. Baie dankie.

Antwoord

Skakel met een van die verteenwoordigers van ‘n plaaslike saadmaatskappy [bv. Agricol
(021 – 9811126) of Pannar (056 – 2163000)] om die beste weidingsmengsel vir jou spesifieke omgewing en grondtipe te kry. Uit ‘n voedingsoogpunt verkies ons ‘n permanente gras/klawerweidingsmengsel. Skakel ook met verteenwoordigers van ‘n kunsmismaatskappy [bv. Yara (011 – 3172000 of 021 – 8775300)] oor die bemestingsriglyne.

 
Hoewel hierdie weidings sekere tye van die jaar ‘n baie hoë drakrag het, byvoorbeeld in die lentemaande wanneer die weiding baie vinnig en aktief groei, is daar sekere tye (bv. as dit baie warm of baie koud is) wat die drakrag laer is. ‘n Konserwatiewe aanbeveling is ongeveer 25 tot 30 ooie per hektaar per jaar. Oortollige weiding, byvoorbeeld in die lentemaande, kan benut word deur die ooie gedurende daardie tyd te laat lam. Gedurende hierdie tyd kan eie en aangekoopte lammers ook gebruik word om die oortollige weiding te benut deur hulle daarop af te rond. Aangeheg is ‘n proef wat in die verband in die Jamestown-omgewing gedoen is.
 
Ooie word ‘n Maxiwollek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) gedurende laatdragtigheid (300 tot 400 g/ooi/dag) en gedurende laktasie (400 tot 500 g/ooi/dag) op aangeplante weiding gevoer. Dit is hoogs aanbeveel om eenkant droë ruvoer addisioneel by te voer om die ooie se melk se bottervetpersentasie te verhoog wat die lamgroei sal versnel. Aangesien hierdie weiding duur is, moet die lammers so vroeg moontlik gespeen word. Lammers moet daarom ‘n kruipvoermengsel (150 kg Voermol
SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg gemaalde mielies + 625 kg gemaalde mielies) ad lib. gevoer word. Lammers kan sodra hulle 25 kg bereik, gespeen word en dan op die weiding met Voermol Superlamkorrels of ‘n Molovite-mengsel (50 kg Voermol Molovite + 50 kg gemaalde mielies) vir die slagmark afgerond word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
17 Oktober 2010
 

Kommentaar

Kommentaar (2) “Aangeplante weiding vir skape

  1. LIZZY
    LIZZY

    WATS DIE NATUURLIKE VYANDE VAN DIE SKAPE

  2. jan
    jan

    Dankie vir u insigte, is daar in Mpumalanga ook toetse gedoen op ouland gras aanplantings vir skape, gee raad asb. Jan


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X