Vra vir Faffa

Aangeplante weiding vir ooie en lammers in die Phillipolis area in die Suidwes-Vrystaat

Vraag

Ek boer deeltyds in die Phillipolis area van die Suidwes-Vrystaat. Ek wil graag weiding aanplant vir my ooie en lammers. Wat sal u aanbeveel? Ek het hierdie mengsel op Landbou.com gekry. 15kg/ha Laatblom Swenkgras (kies een van die volgende cultivars Fuego of Jenna) plus 10kg/ha Vroegblom Swenkgras (kies een van Dovey, Cajun, AU Triumph) plus 3kg/ha Kanariegras plus 5kg/ha Kropaargras plus 5kg/ha Meerjarige Raaigras plus 2kg/ha Rooiklawer plus 1kg/ha Witklawer

Antwoord

Dit is belangrik om te weet wanneer jou ooie lam. Dan kan jy die voervloei daarby aanpas. Hierdie meerjarige mengsel is nie noodwendig die mees geskikte vir daardie spesifieke omstandighede nie. Miskien sal ‘n eenjarige mengsel beter werk. 

Vraag: Wanneer is die beste tyd om bg. mengsel aan te plant?
Antwoord: Die beste planttyd is in die herfs – Maart en April
 
Vraag: Wanneer sal die mengsel die produktiefste wees?
Antwoord:In die lente en herfs – September, Oktober, Maart, April. Maar as dit reg bewei word, kan dit vir minstens 9 maande van die jaar voer verskaf.
 
Vraag: Is dit ‘n permanente weiding en na hoeveel jare moet ek die weiding hervestig?
Antwoord: Ja, dit is permanent. Die weiding hou 10 jaar en langer.
 
Vraag: Is onkruidbeheer nodig?
Antwoord: Onkruid kan ‘n probleem wees die eerste paar maande na vestiging. As jy sorg dat die lande skoon is voor vestiging en in die herfs plant wanneer onkruide die minste probleme gee, en as jy die gevestigde weiding so behandel dat dit groeikragtig bly, sal onkruid nie ‘n probleem wees nie.
 
Vraag: Moet ek voorsorgmaatre?ls vir opblaas tref?
Antwoord: WItklawer kan opblaas veroorsaak, veral as dit die mengsel begin oorheers. Die gevaar vir opblaas is egter heelwat minder as met lusern. As die persentasie witklawer in die mengsel te hoog raak, moet jy weet jou diere hou die weiding te kort. Laat die weiding dan toe om een keer goed uit te groei en die witklawer te oorskadu. Witklawer hou nie daarvan om oorskadu te word nie en sy persentasie sal dan afneem.
 
Vraag: Ek het die mengsel op ‘n klein area geplant want ons het hierdie jaar  te veel re?n gehad en ek kon nie in my ander lande inkom nie. Die grasmengsel lyk baie goed, baie dankie. Kan ek my perde op hierdie weiding laat wei?
Antwoord: Ja, die perde kan ook op die weiding wei.
 
Geskryf deur: Dr Louis du Pisani, Weidingskundige (louisdp@eduplan.co.za)
 
24 Junie 2011

Kommentaar

Een kommentaar op “Aangeplante weiding vir ooie en lammers in die Phillipolis area in die Suidwes-Vrystaat

  1. Michael
    Michael

    Ek bly op n 4.25 ha plot, waarvan 4ha veld is , daar was voorheen Lusern geplant gewees. Ek wil soort gelyke mengsel van gras plant wat bo genoem word. Ek wil skaap aan hou vir eie gebruik maar ek wil nie ekstra voer nie, kan ek die “9 maande van die jaar voer verskaf” oortree. Ek het +- 15000L n uur wat ek kan pomp.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X