Vra vir Faffa

Aangeplante weiding vir bokke in Alldays

Vraag

Ek wil graag ‘n boerbokboerdery vestig op aangeplante weiding in Alldays. Ons gemiddelde reënval op die plaas is so tussen 250mm en 300mm per jaar. Die stukkie grond wat ek vir ‘n begin wil gebruik vir weiding is so 3 hektaar. Kan ek my bokke akkommodeer op ’n roteringsbasis of deeltyds laat loop op die weiding en dan in die veld? Watter soort gewas sal vir my bokke en my omstandighede geskik wees? Ek is ‘n jong boer wat nou meer intensief wil boer met die bokke. Ek hoor graag u raad.

Antwoord

As daar nie besproeiing beskikbaar is nie, is daar net twee grasse wat aangepas is:

Borseltjiegras op sandgrond en

Bloubuffelsgras op swaarder gronde.

Dit is ‘n goeie gedagte om hul vir ‘n deel van die dag (3 – 4 ure) daarop te wei, veral dragtige ooie of ooie met lammers.

Oumansoutbos is  natuurlik ook ‘n goeie keuse vir julle droë omgewing.

Laat weet gerus indien u meer inligting will bekom.

Geskryf deur: prof Chris Dannhauser, Grass SA, chriswei@vodamail.co.za

http://www.grasssa.co.za/

23 Januarie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X