Aangeplante weiding vir beeste onder spilpunt
Vraag
Ek boer so 70km van Bloemfontein af langs die Rietrivier. Ek het ‘n 30h spilpunt waar tans mielies besproei word. My groot doel is om my beesgetalle op te stoot. Wat is die beste gewas om onder besproeiing te plant en nog steeds nie te intensief te wees nie sodat ek meer koeie en kalwers per jaar op my grond kan aanhou? Ek is al vertel van brazeed en ander sê sorghum, ander sê Pannar se produkte. Elkeen sê sy produk is die beste. Ek het ‘n 1100h wat ek tans 10h per gv/eenheid hanteer. Ek wil die spilpunt saam bewei...so die vraag is WAT MOET EK MAAK?Antwoord
Dit is ‘n vraag met ‘n paar antwoorde.
Die “Brazeed” waarna u verwys is waarskynlik die spesie Brachiaria, waarvan Brichiaria decumbens en B. brizantha die mees algemene is. Brichiaria decumbens (“Signal”, “Sheep” of “Suriname” grass) is die een wat meestal aanbeveel word, aangesien dit meer droogtebestand is. Afgesien daarvan word dit in Afrika slegs aanbeveel in ‘n nat, tropiese klimaat met ‘n reënval van 700 tot 1600 mm en ‘n reënvalseisoen van ten minste 7-8 maande. Volgens die nasionale verspreidingskaarte is slegs die Natal Noordkus gebiede en die Noordelike Drakensberg geskik. Dit sal wel onder besproeiing in ander warm gebiede groei. As u dit onder besproeiing wil aanplant, sou ek aanbeveel om klein te begin om eers te sien of dit suksesvol is.
Persoonlik sou ek Bloubuffelsgras of Smutsvinger, as meerjarige, somerweiding of hooigewasse onder besproeiing aanbeveel. Op Glen (buite Bloemfontein) is drakragsyfers van 1.2 GVE/ha/180dae (droëland) op Bloubuffel gekry en onder besproeiing kan dit verdubbel.
Eenjarige Voersorghum en Baster Babala kan ‘n baie belangrike interim en strategiese rol speel. Beide word in November/Desember geplant en kan na 40 tot 50 dae bewei word. Die volgende kan as riglyne gebruik word:
Spesie |
Droëland/Besproei |
Bewei of Hooi (t/ha) |
Kuilvoer (t/ha) |
Voersorhum |
Droëland |
5 – 7 t/ha |
12 – 15 t/ha |
Besproei |
10 – 15 t/ha |
17 – 25 t/ha |
|
Baster Babala |
Droëland |
4 – 5.5 t/ha |
— |
Besproei |
10 – 13 t/ha |
— |
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
2 Maart 2013
Geagte Prof,
Wat van die Hoeveld van Mpumalanga ( Bronkhorstspruit / Witbank ongewing met sand grond onder 30 ha besproeining:
Sal dit ongeveer dieselde oplewer en watter gewas sal u aanbeveel vir bees in die winter – ook onder boesproeing
Baie dankie
Gerhard Landman
Ek will weiding plant vir skaape en beste in die weskaap wat sal julle aan beveel en dan will ek voer plant wat ek in die tweede deel van my boerdery in my voel kraal gebruik om tehelp met die voer van my diere
Groete
Quinton
Quinton, kontak die Dept. van Landbou op Elsenburg vir die beste raad:
http://www.elsenburg.com
Groete en sterkte