Vra vir Faffa

Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

Vraag

Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.

Antwoord

In Meyerton se omgewing kan Oulandsgras gebruik word. Dit is goed aangepas. In baie gevalle word dit in mengsel met Tef geplant, maar kan dan die eerste seisoen nie gewei word nie, slegs gehooi word en kan vanaf tweede seisoen gewei word. Sou ook ‘n mengsel van Rhodesgras en Smutsvinger aanbeveel wat gewei en gesny kan word.

Vroeg in die somer sal die Oulandsgras eerste gereed wees vir beweiding en die Smuts later. Dan kan die skape na die Smuts oorskuif en die Oulandsgras gehooi word.

Vir die onmiddellike behoefte kan eenjarige Baster Babala aangeplant word na die eerste 50 tot 70 mm reën. Met normale reënval behoort dit na 40 tot 60 dae gereed te wees om te wei en moet dit begin bewei word op ‘n hoogte van 70 tot 80 cm. Dit moet nooit hoër as 80 cm vir skape uitgroei nie.

Onder droëland kan Japanese Radyse (in Feb/Mrt geplant) ook oorweeg word vir winterweiding. Dit kan slegs gedoen word indien daar Februarie/Maart nog reën val.

Geskryf deur: Prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

23 September 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X