Vra vir Faffa

Aangeplante weiding op sanderige grond onder spilpunt

Vraag

Wat is die beste voer om onder ‘n spilpunt te vestig vir die verbouing van Vleis Merino skape. Ek het 3ha onder spilpunt en wil graag die skape permanent vestig. Die grond is egter baie sanderig.

Antwoord

Vir die beste antwoord sal meer besonderhede oor die omgewing nodig wees.

Die beste twee antwoorde (“so uit die heup uit”) is:  Kweek of Smutsvinger plus Rhodesgrasmengsel.

Grondontledings is noodsaaklik om die regte bemesting toe te doen.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingkonsultant (chriswei@vodamail.co.za)

3 Augustus 2014


Kommentaar

Een kommentaar op “Aangeplante weiding op sanderige grond onder spilpunt

  1. Fanie Kemp
    Fanie Kemp

    Probeer Seradella of Seradella/Swarthawer mengsel. Veral as die grond effens aan die suurkant is behoort dit baie goeie resultate te lewer.
    Ek gebruik die Seradella/Swarthawer mengsel al hele aantal jare met groot sukses – selfs droëland – in die Langkloof.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X