Vra vir Faffa

Aangeplante weiding op plot in Middelburg (Mpumalanga)

Vraag

Ons het 'n plot gekoop buite Middelburg in Mpumalanga en op hierdie stadium is daar slegs mieliereste op die lande. Dit is nie 'n baie groot stuk grond nie en ek reken ons sal seker so 20ha of minder onder aangeplante weiding moet sit. Ons beoog om met boerbokke te boer en dus wil ek graag u mening hê oor wat ons kan aanplant. Ons het baie water op die plot en besproeiing was ons eerste opsie. Maar ons wil nie met diere, wat deurlopend wurms en parasiete het, sukkel nie. Gehoor daar is probleme met hawer. Daar is voorgestel dat ons 'n grondmonster moet laat ontleed sodat ons kan sien watter tipe grasse ens. goed sal aard by ons. Weet u dalk waar in ons omgewing ons so ‘n ontleding kan laat doen? As u enige voorstelle het oor watter weiding ons moontlik kan plant met ons reënval ens. in ag geneem sal ek dit baie waardeer.

Antwoord

Op die Hoëveld (Middelburg) kan die volgende oorweeg word:

Somer weiding, droëland & besproeiing: Oulandsgras (hooi & wei),

Smutsvinger- en Rhodesgras mengsel (wei & staandehooi)

Kikoejoe (maar interne parasietprobleme)

Lusern doen goed, maar hoofsaaklik vir hooimaak, opblaasprobleme as bewei

Ek verstaan nie die probleem met hawer nie?

Dit is goed aangepas daar en word algemeen gebruik vir kleinvee ooie om op te lam (in winter).

Winterweiding onder besproeiing: Raaigras , stoelrog en hawer (al 3 eenjarig en moet in Februarie geplant word)

Langswenkgras is meerjarig en groei in die herfs, winter en lente (heel jaar besproei).

Grondontleding sal belangrik wees vir korrekte  bemesting.

Laat weet gerus as ek verder kan help.

Ons doen ook konsultasie indien nodig:

 

Kontak ons by:

Tel: 082 873   4736 chris@grassSA.co.za

 

Grass   SA is ‘n groep SA Weidingkundiges en   Veekundiges, met die doel is om boere te help met   Veldbestuur, Weidingkundige en Voedingkundige vrae.

Spesialisgebiede:

Veld-   en weidingsbestuur, voervloeibeplanning, navorsing,   grondgebruiksbeplanning  vir suiwel, vleisbeeste, skape, perde en wild.

Voorwaardes   & konsultasiefooie geld

 

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingkonsultant (chriswei@vodamail.co.za)

3 Augustus 2014

Lees ook:

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/skape-op-besproeide-weidings-vs-wurms/

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X