Vra vir Faffa

Aangeplante weiding om speenkalwers af te rond in die Upingtondistrik

Vraag

Ek boer in die Upingtondistrik en wil graag aangeplante weiding plant om speenkalwers af te rond. Wil graag weet wat is die beste weiding om te plant wat in die klimaat die produktiefste kan wees. Vloedbesproeiing kan toegedien word. Wil ook weet watter voerrantsoen sal hand aan hand loop met die weiding? Dit gaan vir die grootste deel Bonsmara- en Santabeeste wees.

Antwoord

Skakel met die Tegniese persone van die saadmaatskappye wat weidingsaad bemark om die beste weidingmengsels vir jou omgewing te kry. Besoek ook medeboere in die Upington-omgewing asook by Prieska, Groblershoop, ensovoorts wat alreeds weiding aangeplant het om te sien watter weiding die beste aard. Maak vooraf seker dat die weidingsgewasse wat gekies word nie die beeste laat opblaas of geilsiekte veroorsaak nie. Die grond moet ook ontleed word om die voedingstatus daarvan te bepaal sodat ‘n bemestingsprogram uitgewerk kan word. Verteenwoordigers van kunsmismaatskappye kan in die verband help. Voermol Molovite is die ideale lekaanvulling vir beeste op goedbemeste aangeplante weiding onder besproeiing. Voermol Molovite bevat geen ureum nie, slegs natuurlike proteïen en voorsien ook energie, minerale, spoorelemente waaraan daar ‘n tekort in aangeplante weiding is, wat meebring dat ‘n hoë groei nie onderhou kan word nie. Verder bevat dit die nodige medikamente wat nodig is om die ingenome weiding doeltreffend te benut. Voermol Molovite is ‘n klaargemengde aanvulling wat teen 1 kg per bees per dag gevoer word. Indien die groei van die beeste versnel wil word, meng dit om die helfte met gemaalde mielies en voer dit teen 2 kg per bees per dag.

 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
26 Februarie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X