Vra vir Faffa

Aangeplante weiding in Molteno

Vraag

Ek is n jong opkomende boer met baie idees en vrae. Ek woon in die Moltenodistrik in die Oos-Kaap. Ons winter is baie lank en baie koud. Temperature bereik tot -19° C. Ek soek ‘n kundige mening oor aangeplante weidings in ons distrik. Elke saadverspreider wil sy geld maak en gee volgens my mening nie ‘n in diepte antwoord op my vraag nie. Omdat dit so lank koud is, het ons ‘n kort groeiseisoen en as mens skoon lusern saai, kry jy op die makimum 3 snysels in ‘n jaar.Ek het ongeveer 45ha ou lande wat ek wil omskep in ‘ n standvastige weidingsbron vir ongeveer 500 skape. Wat sou u aanbeveel? Om skoon lusern te saai, sou addisonele kostes vir die voorkoming van opblaas bring asook dat daar slegs met diere wat in laktasie is gewei kan word. In die winter beteken die lusern ook niks nie. Weidings van ‘n mengsel van lusern, raai en klawer sal ook bitter min in die winter beteken. Is daar n oplossing vir my vraag? 17 hektaar is onder besproeiing en 26 droëland

Antwoord

  1. 1.    Lusern

Ons moet onthou dat lusern in verskillende dormansieklasse verdeel word, genommer 3 tot 9 (selfs 10). Die no 3 tot 6 kultivars is winterdormant en semi-winterdormant en groei glad nie as dit koud is of as nagte lank is nie. Die beste kultivars vir die koue dele is die in die no 9 klas (CUF 101, HL 9, Siriver PAN 4956, ens).

  1. 2.    Droëland

Van die beste aangeplante weiding in gebiede met ‘n reënval van 400 tot 450 mm is Bloubuffelgras. Die koue mag ‘n faktor wees, alhowel ek Bloubuffelgras in die Jansenville omgewing sien groei het. Ek sal ‘n klein proefoppervlakte wel aanbeveel om te toets vir oorlewing. Andersins kan ‘n mengsel van 3 – 4 kg/ha Rhodesgras plus  3 – 4 kg/ha Smutsvinger  geplant word.

  1. 3.    Besproeiing

Plant die helfte eenjarige wintergewasse (Eenjarige raaigrasse of wintergrane) en die ander helfte Langswenk gras.

Beskrywings volg:

BLOUBUFFEL (Cenchrus ciliaris)

 

Kultivars:

 

Molopo

                  (blou-grys-groen, baie gehard, maar word minder smaaklik as volwasse).

                

Gayndah

                  (lig-groen, verkies rotasie beweiding, blaarryk en smaaklik).

 

Reënvalbehoefte: 450 mm +

 

  • Goeie weiding en hooigewas en behou sy kwaliteit self in winter.
  • Plant vanaf Oktober tot Februarie in koue areas, tot April in warm areas.
  • Droogtebestand – sal in lae reënval gebiede groei (300 – 400 mm).
  • Lewer hoë produksies onder besproeiing.
  • Bewei of sny wanneer 60-90 cm hoogte bereik. Die gras kan stokkerig word as dit lank uitgroei en nie kort gehou word nie. N- en P-bemesting is noodsaaklik om smaaklikheid te behou (mis werk ook).
  • Alle grond tipes behalwe sand (wit of ligte sand) gronde.

 

Saaidigtheid: onverpil: 4-6 kg/ha

                       verpil: 5-8 kg/ha.

                       

Hooi: 4 – 12 t/ha

Weikapasiteit: 0,8 –  1,6 GVE/ha

 

RHODESGAS (Chloris gayana)

Kultivars: Katambora (soms is Boma ook beskikbaar)

 

Reënvalbehoefte: 550 mm +

 

  • Smaaklike weiding en maak baie goeie hooi.
  • Ontkiem vinnig en vestig maklik – is die ideale gras om met ander grasse wat stadig vestig te meng. Ideale dekgewas vir oorlêlande en erosie bekamping.
  • Plant in piek reëntye byvoorbeeld Oktober/November en Januarie/ Februarie.
  • As Rhodesgras te hard gewei word, is sy leeftyd net 3-7 jaar. Indien slegs vir hooi gesny word, is leeftye van tot 20 jaar al verkry.
  • Doen goed op meeste gronde – selfs brak en versuipgrond.

 

Saaidigtheid: onverpil: 4-7 kg/ha

                        verpil: 6-9 kg/ha

 

Hooi: 6 – 12 t/ha

Weikapasiteit: 1 – 2 GVE/ha

 

SMUTSVINGER: (Digitaria eriantha)

Kultivars: Irene

                     Kompeterende kultivars: Tip Top

 

Reënvalbehoefte: 550 mm +

  • Smaaklike weiding, maak goeie hooi en is ‘n bo-gemiddelde staandehooi in die winter.
  • Plant in piek reëntye byvoorbeeld Oktober/November en Januarie/ Februarie en selfs later in Maart in die warmer noorde.
  • Om produksie te behou, moet nie te kort wei nie (5cm) en laat die gras 1 x per jaar in volle blom gaan. Kan ook in goeie reënseisoene los gemaak word.
  • Verkies los sanderinge grond (met klip of ouklip in) terwyl vestiging op kleigronde baie moeilik is.

 

Saaidigtheid: onverpil: 4-7 kg/ha

                        verpil: 6-9 kg/ha

                      

Hooi: 6 – 12 t/ha

Weikapasiteit:  1 – 2 GVE/ha

 

ROG OF STOEL ROG: (Secale cereale)

 

Die rogtipes word in 3 groepe verdeel (kort-, medium- en lang- groeiers), maar ons konsentreer net op kort- en langgroeiers. Sien tabel later

 

Reënvalbehoefte: 650 mm + (Goeie herfsreën)

 

  • Smaaklike weiding met meer volume en ‘n hoër produksie as hawer.  Lewer ‘n goeie hooi en kuilvoer en die saad kan gestroop word as ‘n konsentraatvoer.
  • Hoofplanttyd vir kortgroeiers April/Mei en die langgroeiers Februarie tot April, in koue areas, en Maart tot Mei in warm areas.  Beide kan ook September/Oktober in koel areas geplant word. Sou kortgroeiers na die winter geplant word, gaan dit vinnig oor na saadproduksie. 
  • Kortgroeiers groei meer regop as die langgroeiers. Rotasieweiding (kampe) is die beste.
  • Doen goed op meeste grondsoorte, maar verkies ligte sanderige grond, met goeie voghouvermoë.

 

 Plantdigtheid: 25 – 50 kg/ha

 

 

Rog, Korog en Hawer Kultivars

 

Kort Seisoen Tipes

(Meestal Rog)

Lang Seisoen Tipes

(Korog, Rog & Hawer)

Groei patroon

Blom voor   middel-winter

Lang vegetatiewe groeiperiode. Vorming van   blomme en saad word deur ’n interaksie van langer dae en hoër temperature   (laat winter/lente) veroorsaak.

Beste weiperiode

Slegs twee weisiklusse is moontlik voor middel-winter,   soms ’n derde een. Vul ’n gaping in die laat herfs/vroeg winter. Veral geskik   vir kouer dele.

Stadig in die herfs, maar voorsien weiding   in die winter en lente. Ook geskik vir warmer dele.

Beste planttyd

Vroeë herfs

Herfs/Laat herfs

Kultivars

Rog

Hawer

Korog

Rog

Hawer

LS 35, SSR1, SSR727, Henoch

Overberg, Heros, Pallinip, Perdeberg

Cloc 1

Clokane

Rex

LS 62, SSR 729, NCD Grazer, Mac Blue

Drakensberg

SWK 001

Witteberg

Maluti

 

 

 

 

EENJARIGE RAAIGRAS: (Lolium multiflorum)

 

Raaigras word in 2 groepe verdeel: Italiaanse en Westerworld raaigras. Eersgenoemde kan

in die herfs en lente geplant word, terwyl laasgenoemde slegs in die herfs geplant word.

Reënvalbehoefte: 800 mm + (verkieslik besproeiing)

 

Eenjarige Raaigras

Italianse Raaigras

Westerwolds Raaigras

Herfs aanplanting

Feb. – Apl.

Lente aanplanting

Aug. – Sept.

Slegs Herfs aanplanting

Feb. – Apl.

Produseer   vroeë winter, maar neem af in koue maande en produseer saad. Produseer op sy   beste laat winter/lente. Groei stop Nov/Des.

Blom   & saadvorming eers na 15 – 18 mnde. Produksie hoog in lente,   herfs en die volgende lente.

Lang   daglengtes stimuleer blom & saadvorming, dus in Nov/Des. Dan begin groei   afneem en die weiding minder smaaklik raak. Bied weiding van Apl/Mei tot   Nov/Des. Beste in mid-winter

Diploïde   kultivars:

NCD   Enhancer, Exalta, Moata

Diploïde   kultivar:

Agri-Hilton

Tetraploïde   kultivar:

Jeanne

Tetraploïde   kultivars:

Jivet,   Energa, Captain.

 

  • Hoog produserende smaaklike weiding wat hoë vee-ladings kan dra.
  • Hoof plantseisoen Maart tot Mei, terwyl Italiaanse tipes ook in September/Oktober geplant kan word.
  • Besproeiing en kunsmis is noodsaaklik vir hoë produksies, terwyl rotasiebeweiding (kampe) noodsaaklik is vir oorlewing (21 – 28 dae rus)
  • Verkies leemgronde (Hutton) tot los, goed gedreineerde kleigronde.

 

Plantdigtheid: 25 kg/ha.

Hooi: 8 – 16 t/ha

Weikapasiteit:

5 – 6 GVE/ha (dag)

 

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

 

8 Februarie 2013

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X