Vra vir Faffa

Aangeplante weiding in die Karoo

Vraag

Ek het tans 'n 2700 ha tipiese Karooplaas met bossies en gedeeltelik met kortbeen boesmangras. Daar is 'n paar kaal kolle wat ek graag met aangeplante weiding onder gedeelte besproeiing wil plant (so 6ha tot 8ha). Ek het Eskom krag, gaan windpomp met 3500l/u dompelpomp vervang, pomp na 60kl dam en dan vandaar wil ek met 'travelling irrigation system" dit besproei vir addisionele weiding en die kamp my 'lamkamp" maak. Ek sal graag wil weet watter aangeplante weiding julle sal voorstel. Gemiddelde reënval per jaar so 220mm. Ek sal ook graag wil weet wat die beste tyd van aanplanting is van verkieslik meerjarige weiding?

Antwoord

 Voordat u groot koste aangaan, moet u seker maak of die grond en water geskik vir besproeiing is en dat u genoeg water het. Netnou sit u met verbrakte grond, ‘n opgedroogde boorgat en ‘n klomp skuld.

Die volgende meerjarige weidingmengsel word aanbeveel:
15 kg/ha Langswenkgras (laatblom tipe) plus 10 kg/ha Langswenkgras (vroegblom tipe) plus 3 kg/ha Kanariegras plus 5 kg/ha Kropaargras plus 5 kg/ha Meerjarige Raaigras plus 2 kg/ha Rooiklawer plus 1 kg/ha Witklawer.
Geskryf deur: dr. Louis du Pisani, Eduplan, Middelburg , Oos-Kaap (louisdp@eduplan.co.za)
 
16 Maart 2010
Verdere vrae:
1.    Waar kan ek die tipes gras wat jy aanbeveel aankoop?
 
Hier is ‘n mengsel wat baie goed doen:
 
15kg/ha Laatblom Swenkgras (kies een van die volgende cultivars Fuego of Jenna) plus
10kg/ha Vroegblom Swenkgras (kies een van Dovey, Cajun, AU Triumph) plus
3kg/ha Kanariegras plus
5kg/ha Kropaargras plus
5kg/ha Meerjarige Raaigras plus
2kg/ha Rooiklawer plus
1kg/ha Witklawer.
 
Doen navraag by jou koöperasie of by ‘n kunsmisagent waar om saad te bekom.
 
2. Hoe kan ek bepaal of my water te brak is? Ek weet huidiglik smaak dit
nie te aangenaam nie.
 
As die water onaangenaam ruik, is ek bevrees  die water is nie geskik vir besproeiing nie.  Ek is van mening dat jy dit liefs nie moet doen nie.  Die projek is net te duur om ‘n kans te vat.
3. Ek het reeds ‘n grondontleding deur Biofarm laat doen en weet wat om te doen om die grond te behandel.
 
Dit help niks jy behandel die grond, maar die water benadeel dit weer nie.
4. Kan ek een van hierdie PTH toestelle vanaf Israel, wat jy inlyn met
 jou besproeiing plaas om sodoende die kalk in die water af te breek, installer?  Kan
 ‘n mens die grond van tyd tot tyd behandel indien ek sou beproei met my
brakkerige water?
 
Ek weet nie.  Gaan spreek ‘n besproeiing-ingenieur so gou moontlik voordat jy met die projek voortgaan.
Geskryf deur: dr. Louis du Pisani, Eduplan, Middelburg , Oos-Kaap (louisdp@eduplan.co.za)
 
7 April 2010
 
 
Vraag: Ek het ‘n paar vrae na aanleiding van die antwoord hierbo.
Ek boer deeltyds in die Phillipolis area in die Suidwes Vrystaat.
Ek wil weiding vir my ooie en lammers plant en wil weet wat die beste vir hulle sal wees?
 
Antwoord:
 
Dit is belangrik om te weet wanneer jou ooie lam.  Dan kan jy die voervloei daarby aanpas.  Hierdie meerjarige mengsel is nie noodwendig die mees geskikte vir daardie spesifieke omstandighede nie.  Miskien sal ‘n eenjarige mengsel beter werk.
 
Wanneer is die beste tyd  om die mengsel wat u aanbeveel het, aan te plant?
 
Die beste planttyd is in die herfs – Maart en April
 
Wanneer sal die weiding op sy produktiefste wees?
 
In die lente en herfs – September, Oktober, Maart, April.  Maar as dit reg bewei word, kan dit vir minstens 9 maande van die jaar voer verskaf.
 
Is dit ‘n “permanente “  weiding en na hoeveel jaar moet ek dit hervestig?
 
Dit is meerjarig.  Dit hou 10 jaar en langer.
 
Sal onkruidbeheer nodig wees?
 
Onkruid kan ‘n probleem wees die eerste paar maande na vestiging.  As jy sorg dat die lande skoon is voor vestiging en in die herfs plant wanneer onkruide die minste probleme gee, en as jy die gevestigde weiding so behandel dat dit groeikragtig bly, sal onkruid nie ‘n probleem wees nie.
 
Sal ek voorkomende maatre?ls teen opblaas moet tref?
 
 WItklawer kan opblaas veroorsaak, veral as dit die mengsel begin oorheers.  Die gevaar vir opblaas is egter heelwat minder as met lusern.  As die % witklawer in die mengsel te hoog raak, moet jy weet jou diere hou die weiding te kort.  Laat die weiding dan toe om een keer goed uit te groei en die witklawer te oorskadu.  Witklawer hou nie daarvan om oorskadu te word nie en sy % sal dan afneem.
 
 
Geskryf deur:  Dr Louis du Pisani, EDUPLAN, Middelburg (082-773 9778)
 
17 April 2010
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X