Vra vir Faffa

Aangeplante weiding in Bronkhorstspruit omgewing

Vraag

Ek woon ongeveer 30 km vanaf Bronkhorstspruit, winters relatief koud, somers warm. Re?nval tussen 800-1200mm per jaar. Ek wil graag alternatiewe gras vestig omdat die plaas oorwegend suurveld is. Die plaas is gele? op 'n koppie en die bogrond is redelik klipperig. Groot gedeeltes van die plaas het ronde mierneste en dit wil voorkom of heelwat grassaad in die mierneste voorkom. Is daar spesifieke gras of ander gewasse wat u kan aanbeveel? Dit blyk dat grassaad nie maklik gevestig word deur die saad met beeslekke te meng en sodoende te versprei nie. Groete, Martin Kruger

Antwoord

Vir somerweiding kan in julle gebied onder andere Smutsvingergras en oulandsgras aangeplant word.

Die Smutsvinger doen veral goed op klipperige dele. Die gras kan in die somer bewei word of gerus word om as staandehooi in die winter benut te word.
Oulandsgras bied vroeg in die somer weiding en is ook ‘n goeie hooigewas.
Goeie bemesting is veral vir oulandsgras nodig.
Waarskuwing: Alle meerjarige grasse vestig stadig en voorbereiding van ‘n goeie saadbed is noodsaaklik.
Vestiging deur middel van veelekke kan slegs gedoen word as jy baie en goedkoop saad het want
daar gaan te veel saad in die proses verlore.
Dit werk wel met hardskalige peulgewassaad, maar peulgewasse is nie orals aangepas nie.
Vir winterweiding kan jy onder besproeiing ‘n groter verskeidenheid gewasse aanplant (laat weet as besproeiing beskikbaar is).
Met julle re?nval kan daar wel van die wintergrane soos stoelrog en hawer aangeplant word vir beweiding.
Vogopgaring gedurende die laat somer is egter noodsaaklik.
Die ekonomie daarvan laat  hierdie weiding egter hoofsaaklik net vir skape en melkkoeie toe.
Laat weet gerus as jy meer inligting wil hê.
 
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser (chriswei@vodamail.co.za)
 
29 Augustus 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X