Regskenner

Wanneer word ‘n pad ‘n serwituut-pad?

Vraag

Ek wil graag inligting bekom oor serwituutpaaie en waterslote.

Antwoord

Vraag:
Ek wil graag inligting bekom oor serwituutpaaie en waterslote. Wanneer word ‘n pad ‘n serwituut, of ‘n gebruiksreg, of wanneer verval so ‘n serwituut as die pad of sloot vir ‘n tydperk nie gebruik word nie? Wat van ‘n motorhek op bg. paaie? – H. Meyer (peasantview@absamail.co.za)

Antwoord:
1. ‘n Pad word ‘n serwituutpad as die twee eienaars met ‘n kontrak (notarieël) tussen hulle so ooreenkom en die kontrak dan in die aktekantoor registreer.
2. Sonder ‘n kontrak kan dit ook ‘n serwituutpad word as die een persoon dit openlik vir ‘n tydperk van 30 jaar of langer as pad gebruik het (verkrygende verjaring). Dan kan die eienaar van die grond hom nie meer stop of sy reg van weg sluit nie.

In die eerste geval verval die serwituutpad slegs wanneer die die twee persone weer met ‘n kontrak so ooreenkom.
In die tweede geval verval die serwituut weer as die geregtigde dit vir ‘n periode van 30 jaar nie gebruik nie.
Die geregtigde sou wel ‘n motorhek kan bou, maar dit sal van ‘n aanvaarbare standaard en veilig in alle opsigte moet wees.

  • Mnr. Van Blerk is ‘n regsgeleerde. Hy het hierdie antwoord op Landbou.com se gespreksforum verskaf.29 Julie 2005

Kommentaar

Kommentaar (13) “Wanneer word ‘n pad ‘n serwituut-pad?

  1. Riaan
    Riaan

    ek wil graag weet. ons het n serwituut pad wat deur ons klein stukkie grond loop. ek het glad nie n probleem met die mense wat die pad gebruik nie. maar wat ek graag sal wil stop is n persoon met sy 4 wheeler. hy jaag so met daai ding op die pad, en die pad loop reg verby my huis. watse regte het ek en watse regte kan ek op staan in verband met die man met sy 4 wheeler.

  2. Jaap Botha
    Jaap Botha

    Daar loop ‘n serwituut pad oor my grond maar die persoon wat dit gebruik los alewig die hekke oop en dit gee vir my ‘n probleem met vee wat in die kampe wei 11775

  3. butch
    butch

    Riaan, ‘n serwituutpad soos die een waarna jy verwys, moet jy die gebruiker daarvan op ‘n beskaafde manier (civiliter modo – uit die Romeinse Reg) gebruik word. Jy kan met die persoon skakel en hom meedeel dat jy verwag dat hy die pad op ‘n beskaafde manier moet gebruik, en nie as ‘n resiesbaan nie. In geval waar jy geen samewerking kry nie, is jou enigste opsie om vir ‘n interdik by wyse van ‘n hofbevel teen die persoon aansoek te doen

  4. butch
    butch

    Jaap hy is verplig om die hekke toe te maak en jy kan hom meedeel dat as jy nie sy samewerking bekom nie, jy die hekke gaan sluit en hom van sleutels voorsien – hy moet die hekke toemaak – ‘n alternatief is die aanbring van motorhekke (cattle grids) – dis egter ‘n duur oefening, want dit moet ooreenkomstig munisipale bouregulasies geskied – jy kan selfs ook,n hofinterdik teen die persoon bekom wat hom gelas om die hekke toe te maak.

  5. annek
    annek

    Daar is ‘n serwatuutpad in ons title akte beskryf wat ons toegang gee tot ons grond. Waar vind ek uit waar die pad is , ek het ‘n pad nommer volgens die titel akte.

  6. butch
    butch

    Anek – as die serwituut van reg van weg in julle transportakte aangedui word, moet volgens die wet ook daar aangedui word waar hy loop – as dit ‘n pad is met ‘n nommer, is dit waarskynlik nie ‘n servituutpad, maar eerder ‘n openbare of ondergeskite pad – jy sal vir ons meer inligting moet gee om jou behoorlik te kan antwoord.

  7. lientjie
    lientjie

    ons maak gebruik van ‘n serwituut pad om by ons plaas te kom. dit is ook op ‘n kaart aangedui met ‘n nr. die oorspronklike kaart is no A4294/69. op die document wat ons het staan daar onderandere die wydte in voet en meter wat die serwituut pad moet wees. Ek wil graag weet wat my regte van die pad is veral waar daar spoedwalle gegooi is en oor implimente wat teen die pad le. Ons het wel waterafvoere in, maar nou word daar spoedwalle gegooi om ons te dwing om stadig te ry omdat die eenplaashuis feitlik op ons serwetuut staan en die stof veral in die laat winter met die grondpad erg is. ons neem wel die huiswoners in ag, maar selfs waar jy teen 20km pu ry maak dit nou stof, tans word ons karre deur die spoedwalle beskadig. wat staan ons te doen

  8. Ansie Vreugdenburg
    Ansie Vreugdenburg

    Riaan.
    Ek wil net uitvind oor water regte en serwituut’
    volgens ons notariele akte van transport het ons fontein regte uit die berg. die water reg is verdeel in 2 halwe dele nl: een aandeel (dienende eiendom) die eienaar van waar die fontein ontspring maw die oog van fontein, en die ander deel word gedeel deur 7 einare maw. die heersende aandeel houers.
    die oor eenkoms lei dat die eienaar van die dienende eiendom en die eienare van die heersende eindom geregtig is op die fontenwater. met dien verstande dat die fontein skoon gehou word en arbeids kragte en fondse moet voorsien word.
    ek hanteer n boerdery het het die water nodig. van die heersende eienaar gebruik ook die water maar help nooit skoonmaak nie. Somige het in 30 en meer jaare nog nooit gehelp nie, ek maak dus alleen skoon. Die dienende eienaar weier dat ons op sy grond moet kom om die fontein skoon te maak daar is ook `n serwituut vir die fontein. hy het klomp takke en gemors oor die serwituut gegooi en ek het geen toegang tot die fontein nie. Mag hy weier dat ek die serwituut gebruik nr: 32/1911s geregestreer 1911. wat is my regte. kan ek asb so spoedig moontlik n antwoord kry aangesien ek nou water verloor. met dank A Vreugdenburg

  9. Dreyer
    Dreyer

    groete
    hans putter

  10. Hans Putter
    Hans Putter

    GROETNIS

  11. Natheem
    Natheem

    Butch…daar is serwituut tussen my en die buurman se huis. ek het ‘n hek opgesit omdat die buurman sy stukkende motors en rommel daar gegooi het. Daar is ook ‘n kombuis deur wat in die serwituut uitkom en as die hek afkom is daar geen privaatheid nie wat dit onveilig maak vir my gesin want enigeen kan daar deurloop. My buurman dreig nou om die hek af te haal want hy wil sy motors daar parkeer en wil ook daarin werk…hy trek sitbanke en motor sitplekke oor.
    Wat staan my te doen…?
    Wat is my regte…?
    Daar was ook nie ‘n ooreenkoms geteken tussen my en hom toe ons die huis +/- 5jr gelede gekoop het nie, en ek weet ook nie of daar ooit ‘n ooreenkoms tussen die buurman en vorige eienaars was nie. Help asseblief.

  12. Magdel
    Magdel

    Ek wil asseblief uitvind, n sewituutpad, is dit die grondeienaar se verantwoordelikheid om die pad te maak en moet dit pad afgekom wees. Huidiglik is waar die sewituut aangedui word onbegaanbaar (solide rotsrandjie) Dankie

    • Jan Bezuidenhout

      Mnr. Butch van Blerk antwoord:
      ‘n Serwituutpad kom tot stand hoofsaaklik ná die sluiting van ‘n ooreenkoms tussen die partye daarby betrokke – of andersins as die gebruiker van die serwituutpad die pad reeds vir ‘n periode van 30 jaar (verjaring) openlik gebruik. Die kontrak sal aandui wie verantwoordelik is vir die bou van die pad (gewoonlik die een wat dit as serwituutpad gebruik) – asook wie vir die instandhouding van die pad verantwoordelik is (gewoonlik ook die gebruiker van die pad). ‘n serwituutpad hoef nie afgekamp te wees nie – ‘n serwituutpad kan ook by wyse van ooreenkoms tussen die partye verlê word na ‘n meer aanvaarbare roete as die huidige roete onbegaanbaar raak.
      * Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X