Regskenner

Vereistes vir lyndraad

Vraag

Wat is die wet se standpunt op wat "stockproof" behels? Is dit soos die ou gebruik van 6 drade en 4 voet hoog? Wat gemaak waar 'n grondpad die plaas skei en die drade net 5 drade 3 voet is? Jy het dus geen buurman behalwe jouself. Wie is dan saam met jou verantwoordelik vir die instandhouding van die draad? Die distriksmunisipaliteit? En waar die plaas in 'n gebied val waar die rivier bv. die Hartbeesrivier die deur die plaas beweeg en die plaas soos deur die ou afdelingsraad bepaal is om met jakkalsproef om gekamp te wees. Wat dan van die plek waar die grondpad die plaas sny, moet die dan ook gejakkalsproef word of is stockproof daar al vereiste?

Antwoord

Daar is nie ‘n voorskrif in die Wet oor hoe ‘n grensdraad daar moet uitsien nie. Dit hang van die onliggende eienaars se behoeftes af.

Laat die Distriksmunisipaliteit vir jou aandui of hulle ‘n gesamentlike onderhoudsplig het waar ‘n pad oor die grond loop. Dit sal afhang van watter tipe pad dit is.

Waar die rivier deur die grond loop , geld dieselfde reels en moet die jakkalsheining van so ‘n aard wees dat dit die probleemdiere van die grond af hou.

Jakkalsproef teenaan die pad word nie aangedui nie en die reel sal waarskynlik wees dat teen die pad gewone grensdraad loop en en die buitegrense langs aangrensende eienaars met jakkalsproef omhein word. Ons kon egter geen gesag hieromtrent opspoor nie en sal by ‘n verdere geleentheid hieromtrent uitwei.

Lees ook: Jakkalsdraad en die wet

Grensdrade en buurmanskap

Geskryf deur Butch van Blerk, ‘n prokureur. E-pos-adres: butch@billtolken.co.za

26 Julie 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X