Regskenner

Serwituut op water uit boorgat

Vraag

Goeiedag, Die beplanning is om 'n stuk van my plaas aan my buurman te verkoop. Die grond sal opgemeet word, afgesny en dan met sy grond gekonsolideer word. Ek wil egter graag sover moontlik die alleenreg op die gebruik van die 2 bestaande boorgate op die grond behou. Ek wil ook graag die reg behou om weer te mag boor, indien nodig. Wat is belangrike punte om te beskryf en/of in agteneem met die opstel en registrasie van so 'n serwatuut? Het ek 'n prokureur nodig of doen die landmeter alles? Baie dankie. Vriendelike groete, M Saayman.

Antwoord

U kan die alleenreg op die gebruik van die 2 boorgate “uithou” en dit so in die nuwe transportakte in die naam van die koper laat registreer. Dit sal raadsaam wees as die landmeter die 2 gate op die nuwe diagram merk vir doeleindes van die identifisering daarvan. U sal ook verder die reg van pypleiding terug na u grond terselftertyd moet registreer, asook die reg om op die oorgedraagde stuk grond te boor en ook vandaar ‘n pypleiding na u grond aan te lê. Dit kan alles tegelykertyd met die oordrag van die stuk grond in die naam van die koper geskied, maar die opstel daarvan in die koopkontrak en inkorporering in die transportakte is tegnies van aard en u sal beslis ‘n kundige/eiendomsregprokureur se hulp benodig.

Geskryf deur Butch van Blerk, butch@billtolken.co.za

12 Oktober 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X