Regskenner

Serwituut op erf

Vraag

As jy ‘n serwituut oor jou erf in ‘n dorp het, mag jy dit toekamp met hekke en slotte en net vir die inwoners sleutels gee, en mag jy honde op die erf hê om jou goed te beskerm? Die erf (serwituut) loop deur my erf na ‘n woonstelblok wat se parkering langsaan is. Charl

Antwoord

Charl, jy mag presies doen wat jy hieronder beoog. Jou optrede moet egter ten alle tye redelik wees en die honde moet byvoorbeeld nie ’n gevaar vir die gebruikers, hul kinders en werksmense inhou nie.

Geskryf deur BUTCH VAN BLERK, ‘n prokureur in Bellville, Kaapstad. Sy e-pos-adres is: butch@billtolken.co.za

14 November 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X