Regskenner

Regte oor die reg van weg

Vraag

Het die eienaar van die grond die reg om spoedbulte, stopborde ens. sonder die toestemming van mede gebruikers/eienaars aan te bring. Volgens die persoon is die stopborde,spoedbulte ens by die geregistreer by die nodige magtigings kantore. Van wanneer af word 'n stopteken in elk geval opgesit by 'n ingangspad (driveway) na huise? Watter regte het ek as gebruiker van die pad. NS. Die spoedbulte is so hoog gegooi dat jou motor se onderstel vashak al stop jy dood om oor die bult te gaan. Daar is in 'n afstand van plus minus 67.7 meter, 5 spoedbulte aangebring. Volgens die eienaar behoort die grond aan hom, want hy betaal belasting daarop en mag hy doen wat hy wil en toelaat wie hy wil. Hy wil 'n 'boom' aanbring om mense te verhoed om die pad te gebruik en volgens my is dit teen die land se grondwet.

Antwoord

Die regsposisie hier is dat die eienaar van die heersende eiendom (in die geval jyself) by ‘n hof vir ‘n bevel aansoek kan doen wat jou regte verklaar en bevestig; naamlik dat die eienaar van die dienende eiendom sy regte oorskry deur onredelike spoedwalle, stoptekens en hindernisse op die pad aan te bring.

Jy kan ook skadevergoeding eis, indien jy skade aan jou voertuie ly.
Dit is onwaarskynlik dat ‘n owerheid sulke hindernisse sal “registreer”.

Die feit dat die grond aan die eienaar behoort, sal hom nie toelaat om op die pad “te doen wat hy wil” nie, aangesien die serwituut die persoon wat dit gebruik, se regte beskerm.

Jou reg is dus dat jy die serwituutpad op ‘n beskaafde manier (civiliter modo) mag gebruik, en kan gebruik. Meng hy hiermee in, kan die hof ‘n bevel uitreik wat jou regte aan jou terugbesorg by wyse van ‘n hofbevel.

Geskryf deur mnr. Butch van Blerk, butch@billtolken.co.za

6 Oktober 2010


Kommentaar

Kommentaar (2) “Regte oor die reg van weg

  1. H. Erasmus
    H. Erasmus

    Het ons as eienaars van grond die reg om spoedwalle te bou om te keer dat medepadverbruikers te vinnig ry. Daar is werkershuise naby die pad en die werkers en hulle gesinne (kinders ingesluit), so ook die diere kruis die pad gereeld en ons vind dat die medepadverbruikers nie spoed verminder as hulle deur die plaas ry nie. Wat is die padspoed wat gehandhaaf moet word en wat is ons reg in hierdie verband?
    Baie dankie
    H Erasmus

  2. Dreyer
    Dreyer

    hoop dit kan help
    Ek het al voorheen met die geleerde man korrespondensie gevoer


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X