Regskenner

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

BUTCH VAN BLERK

Mnr. Butch van Blerk praktiseer as prokureur en transportbesorger. Hy dien in kommissies van die Departement van Justisie, die Vereniging van Prokureursordes en die Kaapse Wetsgenootskap.

  • Verlore transport-akte

    Ek het 2 jaar terug 'n erf gekoop en het so 'n paar maande terug my transportakte by die bank ingegee saam met ander papier om aansoek te doen vir 'n huislening (om een te bou) Nou weet hulle egter nie waar die dokumentasie is nie!! Waar en wie kan ek kontak vir 'n afskrif van my transportakte? Die erf is in Kuruman in die Noord-Kaap
    • Oordragkoste op huis in vrou se naam

      As ek tot sterwe kom, wat sal die oordragkostes wees van ‘n huis van ongeveer R500 000 op my vrou se naam? Ons is binne gemeenskap van goedere getroud.
      • Vraag oor grensdraad na 22 jaar

        My broer het ongeveer 22 jaar terug 'n toegekende staatsperseel gekoop asook sy buurman.Hul kon nie die transportakte dadelik kry nie en het hy en die buurman toe gesamentlik op 'n lyndraad besluit. Verlede jaar is die grond oorgedra na 'n Trust. Vanjaar het ons die grond per veiling verkoop. Voor die veiling het ons agter gekom dat die lyndraad loop egter in die buurman se grond. In so 'n mate dat die pompplek/tappunt uit kanaal (wat die staat bepaal…
        • Besering aan diens weens werker se nalatigheid

          Werker se voet is weens eie nalatigheis beseer. Sy is vir 1 uur gehospitaliseer. Ons betaal tans haar salaris tot sy weer kan werk volgens siekebrief. Sy dring nou aan om by die Compensation Commissioner fonds te eis vir besering aan diens. Wat is my regte en haar regte? As die fonds betaal moet ek dan ook nog haar salaris betaal?
          • Onwettige intrekkers in werkershuise op plaas

            Ek het probleme met mense wat my arbeidershuise beset het (ingebreek het ) om binne te kom en nou weier om uit te gaan. Die polisie weier om op te tree en se dat dit Landbou se probleem is en ek by hulle moet kla.Wat staan my te doen aangesien die Landbou Dept.ook niks doen na my klagte daaroor nie. Op die stadium kan my werkers nie in die huise bly nie. Wat is my regte en hoe moet ek…
            • Vervoer van kinders

              Ek is 'n boervrou wat ook onderwys gee. Tans vervoer ek drie leerders in my privaat motor op versoek van hul ouers na die plaaslike skool. Wat is die regsimplikasies ingeval van 'n motorongeluk. Hoe beskerm ek myself?
              • Bewerking van padreserwes deur boere

                Die boere in ons omgewing het sowat twee jaar gelede begin om die padreserwes aangrensend aan hul grond, om te dis (vermoedelik ter voorkoming van brande) aangesien die provinsiale paaie departement geen moeite meer doen om die paaie- en reserwes in stand te hou nie. Ongelukkig het die situasie nou al so vererger op sekere gedeeltes van die paaie (natuurlik aangrensend aan sekere boere se grond), dat daar tot in die pad bewerk en geplant word en, natuurlik met die…
                • Serwituut en veediefstal-probleem

                  Ek het 'n servituut en sal graag hekke wil aansit en die hekke sluit en sleutels aan die ander gebruikers wil gee. Die ander gebruikers is egter nie te vinde daarvoor nie want "wat gebeur as hulle nou hul sleutels vergeet?” Ek sit met 'n ernstige veediefstalprobleem en glo die sluit van die pad sal my probleem aanspreek. Moet ek nou hof toe gaan en kostes betaal om mense se toegang oor my eie grond te beperk ? Verder sien…
                  • Wil grafstene oprig na 30 jaar

                    Mag ek mense weier wat +-30 jaar gelede hier begrawe is op my plaas en hulle wil grafstene kom opsit? Ek is nie die eienaar van die grond maar huur dit wel. Die eienaar wie se plaas dit is se hy ken ook nie die persoon wie van gepraat word nie en die eienaar voor hom is ook al oorlede.
                    • Wil plaas in drie dele verdeel

                      Ek het jou antwoord oor die afsny van grond op LBW se webwerf gelees. https://hulp.landbou.com/kundiges/regskenner/wil-grond-laat-afsny-wat-nou Ons is in 'n effense ander posisie: Ons een plaas is 492 ha en bestaan uit drie dele van onderskeidelik 7,6 ha, 285 ha en 199 ha - elkeen met sy eie lotnommer, maar saam op 1 titelakte. Hulle is m.a.w. notarieël gebind ("notorial tie"). Die grond is te koop, maar in ons area (Hluhluwe, KZN) soek almal plase van so 200 ha. Ons het…

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X