Regskenner

My beeste loop na buurplaas

Vraag

My buurman se plaas lê aan die bokant van my plaas. Die heining word gereeld deur water beskadig wat van sy plaas af kom. My vee loop daar deur en wei in sy veld. Die afgelope 10 jaar is dit net ek wat die heining herstel. Buurman het geen vee nie. Hy skryf dreigbriewe aan my oor die vee wat op sy grond is, maar weier ook dat ek die vee daar gaan haal wanneer hy nie op die plaas is nie, wat op die meeste een keer per maand is. Wat staan my te doen?

Antwoord

‘n Grondeienaar is verplig om water wat op ‘n natuurlike wyse vanaf ‘n ander plaas na sy grond afloop, te ontvang. Dit kan beëindig word as die twee eienaars ooreenkom om dit by wyse van die registrasie van ‘n serwituut te doen, of op die hoërliggende grond kontoervore aangebring word.

Die hulp van die beampte van die Departement Landbou (bodem/grondbewaring) kan ingeroep word as erosie ‘n probleem raak of om u dalk van raad te voorsien. U kan ook die helfte van die herstelkoste van die grensheing van die buurman eis, waarvoor hy in terme van die Omheiningswet aanspreeklik is en u ‘n siviele eis het.

Die vee bly u eiendom, maar u het wel sy toestemming nodig om sy grond te betree. Ten opsigte van die vraag wat u te doen staan, bly die beste metode nog steeds om goeie buurmanskap te probeer handhaaf en alle redelike pogings aan te wend om gesamentlik die probleem op te los. Sterkte daarvoor.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf. butch@billtolken.co.za

7 Februarie 2012


Kommentaar

Kommentaar (2) “My beeste loop na buurplaas

  1. Jasper Compion
    Jasper Compion

    Ek het ‘n stuk grond in die Klein-Karoo naby Ladismith wat nie omhein is nie. Ek beoog ook nie om enige diere aan te hou nie omdat die drakrag laag is en die grond alreeds oorbewei en erg beskadig is. My buurman hou beeste, skaap en bokke aan wat hy op my (en ander bure) se grond laat wei. Sy grond is net gedeeltelik omhein, so hy voel vere vir die bure. As ons kla dan se hy ons gun hom niks nie. Nodeloos om te se dat sy grond al oorbewei is. Wat staan my te doen?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X