Regskenner

Koop van nuwe plaas

Vraag

Ek en my familie is besig om 'n plaas van 15 hektaar (met gasteplaas-opsie) in Limpopo te koop. Ek wil net graag uitvind of daar enigiets is wat ek voor moet uitkyk in die koopproses en na die koopproses wanneer die plaas in ons naam is.

Antwoord

Die koop van vaste/onroerende eiendom is ‘n komplekse aangeleentheid waarop talle wette en wetgewing  van toepassing is. In die beste belang van die koper, is my voorstel dat jy ‘n prokureur wat spesialiseer in eiendomstransaksies raadpleeg oor hierdie transaksie.

Daar is talle aspekte wat eers ondersoek moet word, onder meer moontlike grondeise, soneringsregte, regte van bewoners,  personeel op die eiendom, watter tipe transasaksie dit is ten opsigte van BTW of Hereregte, ensovoorts.

Indien dit afgehandel is, weet jy dat jy met vrymoedigheid ‘n koopkontrak kan teken. Voordat hierdie voorbereidingswerk afgehandel is, bly die ondertekening van so ‘n kontrak ‘n waagstuk en dit is nie die moeite werd om so ‘n risiko te loop nie.

Sonder om baie meer inligting tot beskikking te hê,  kan so ‘n vraag nie in een sin be-antwoord word nie.

Geantwoord deur: Butch van Blerk (butch@billtolken.co.za)

10 November 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X