Regskenner

Is die boedel aanspreeklik of nie?

Vraag

Goeie dag, My Ma is Februarie in 'n kop-aan-kop botsing oorlede, die ander persoon het die ongeluk oorleef en sy versekering het intussen 'n eis ingedien by die eienaar van die voertuig wat my Ma bestuur het. Dit was haar werkgewer se plaasbakkie. Die nadoodse ondersoek is tans in die hof om te beslis wat gebeur het en wie se skuld dit was. My vraag is dus: sal my Ma se boedel verantwoordelik wees om die versekeringseis te betaal of die eienaar van die bakkie? Of hang dit af van die uitslag van die nadoodse ondersoek? Sy was op pad om die hond na die veearts in die dorp te neem toe die ongeluk plaasgevind het. Die plaasbakkie is nie verseker nie. Help asb! Groete Desre Slogrove

Antwoord

Indien sy die voertuig bestuur het binne die bepalings van haar dienskontrak met die werkgewer, behoort haar werkgewer of sy versekeraar aanspreeklikheid te aanvaar.

Dit sal die interpretasie van die feite behels, waarvoor verkieslik ‘n prokureur geraadpleeg moet word, aangesien die regsposisie dikwels ingewikkeld kan wees.

Die posisie rondom die neem van die hond na die veearts, wie se hond dit was en op wie se versoek dit plaasgevind het, is alles faktore wat  opgeklaar moet word. Indien dit bevind word dat die werkgewer nie aanspreeklik is nie, kan  die aspek van die nalatigheid aan  die kant van die oorledene  wel ‘n rol speel.

Geskryf deur: Butch van Blerk (butch@billtolken.co.za)

13 Januarie 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X