Regskenner

Erfgrond en die duiwel in die kinderbybel

Vraag

Op grond in die distrik is ‘n onverdeelde aandeel waarvan my pa die lewensreg het - wat beteken dit presies? Dié deel wat myne is, is reeds op my naam maar ek het geen dokumentasie om dit te bewys nie. Intussen verhuur my pa die grond en die huis verniel erg. Intussen wil niemand gesels oor erfbelasting nie. Hoe vind ek wat waar uit? By my hardkoppige vader sal ek niks uitgevind kry nie en my stiefma is die duiwel van die kinderbybel as ek dit waag om iets te vra.

Antwoord

As die grond op jou naam geregistreer is en jou pa ‘n vruggebruik daarop het, sal dit so geregistreer wees in die kantoor van die Registrateur van Aktes van julle omgewing. Jy kan daar ‘n “Nasoek” gaan doen met jou naam en identiteitsnommer en die rekords daar sal aandui of die grond op jou naam geregistreer is, onderhewig aan ‘n vruggebruik ten gunste van jou pa.
Indien die rekords dit nie toon nie, is die grond nog waarskynlik op sy naam geregistreer.

Die vraesteller antwoord:
Dit is op my naam geregistreer ná my ma se dood en dis juis wat my bekommer. My pa is die vruggebruiker en weier om enige inligting rondom erfbelasting met my te bespreek. Hy sê dis die huurder se probleem. Waar kan ek hulp kry in dié verband?

Butch van Blerk antwoord:
‘n Vruggebruiker moet die eiendom op ‘n beskaafde manier gebruik (civiliter modo) en dit behels ook dat hy sy verantwoordelikhede nakom soos die betaling van belasting, elektrisiteit, ens. Doen, as eienaar, self navraag by die instansies en betaal die rekenings indien nodig en vorder dit van die partye. As eienaar moet jy ook jou skade beperk en intree as daar probleme is.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur by Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville. butch@billtolken.co.za

16 Februarie 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X