Regskenner

Bestuur van plaaswerker

Vraag

Ek het 'n plasie gekoop waar daar 'n ouerige werker bly met sy vrou en twee dogters. Hy is diep in sy vyftigs en is nie van plan om te trek nie omdat hy al meer as 20 jaar daar woon. Ek het nie 'n probleem met dit nie maar wil tog graag weet hoe 'n mens dit kan hanteer. Kan 'n kontrak of iets geskrewe saamgestel word om te verhoed dat ander mense by hom intrek en ook dat hy binne sy area bly sonder aanbouings? Waar moet 'n mens die lyn trek sou hy of sy vrou sterf. Ek sal enige advies waardeer.

Antwoord

‘n Skriftelike ooreenkoms mag tussen die eienaar en die okkupeerder gesluit word om die grond te gebruik soos in die kontrak ooreengekom.

In die ooreenkoms kan die eienaar redelike voorwaardes stel, met betrekking tot besoeke aan die okkupeerder, dat geen verdere okkupeerders ingeneem mag word nie, riglyne ten opsigte van aanbouings, die aanhou van diere, ensovoorts.

Vrouens kwalifiseer in eie reg as okkupeerders en indien die senior manlike lid te  terwe kom, het die eienaar nie outomaties die reg om haar verblyfreg te beëindig nie. Na haar afsterwe moet die eienaar die korrekte prosedure volg ten opsigte van elke individuele okkupeerder ( met insluiting van kinders) wat hy wil uitsit.

Geskryf deur: Butch van Blerk (butch@billtolken.co.za)
14 Desember 2011


Kommentaar

Een kommentaar op “Bestuur van plaaswerker

  1. Erasmus
    Erasmus

    Ons sit met dieselfde probleem. Die mense plak op plaas,saag bome af,hou beeste aan soos hy wil en so veel as hy wil. Sy vrou en kinders en kleinkinders en kerels plak almal daar. Ons het al alles probeer om van hul ontslae te raak.Glo my hul is daar om te bly!Die wet is ook aan hulle kant,ons word verplig om vir die wetter ‘n stuk grond te verskaf waar sy 25 beeste en 12 bokke wei asook lopende water en gratis huis,lekker goedkoop alles op die boer se rekening.Raai wie betaal die plaaspaaiement,die boer natuurlik.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X