Grond Guru

Wil kalk inploeg in suur grond

Vraag

Ek het nie groot grond nie, ongeveer 2 ha wat ek uiteindelik onder kikoejoegras wil hê. Ek merk dat daar redelik baie uintjies is wat altyd volgens my pa, ‘n goeie indikator is dat jou grond suur is. Wat ek graag wil weet, hoeveel ton landboukalk kan of moet ek op 2 ha inploeg en ook waar die naaste verskaffer in Rustenburg Noordwes is.

Antwoord

Om enigsins ʹn aanbeveling te maak benodig ek inligting soos vervat in ʹn grondontledingsverslag. Die Ca, Mg-inhoud, pH en reserwe suurheid is belangrik om die kalkbehoefte te kan bepaal.

Ek kan nie bloot ʹn rowwe skating maak nie, dit mag jou dalk baie meer geld kos as wat die ontleding en kalk saam sal kos. Ek is nie vertroud met die plaaslike verskaffers van kalk in jou omgewing nie maar jy kan dalk H Pistorius Kalk probeer. Die duurste koste gaan die vervoer na jou plaas wees. Ondersoek die moontlikheid om kalk in sakkies by jou naaste koöperasie aan te koop. Die kalk moet goed met die grond vermeng word, en deur dit in te ploeg, werk gewoonlik baie goed.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: departement grondkunde, Stellenbosch Universiteit.


Kommentaar

Een kommentaar op “Wil kalk inploeg in suur grond

  1. Hannes Slabbert
    Hannes Slabbert

    Graag gee ek vir jou ‘n bietjie inligting.

    Ek werk vir Agrilime met ons kantore by die LNR in Rustenburg.
    Die LNR is op die Arnoldistad pad in die Kroondal omgewing.
    Ek is bereid om jou te help met die grondmonster, Volg verseker die raad van Dr. Eduard Hoffman.
    Agrilime se produkte is as volg : Voergraad Kalsitiese kalk vir die voer industrie (36% Ca en 0,3% Mg), en Landbougraad Kalsitiese Kalk vir die Landbou (28% – 32% Ca en 0.3 Mg).
    Die bron is gelee 25km Noord van Northam, ons lewer af en jy kan ook self gaan laai.
    Gips (Kasium Sulfaat) het ons ook beskikbaar en so ook Dolomitiese kalk.
    Die grondontledings kan by die LNR in Rustenburg gedoen word en dan sal die aanbeveling ook vir jou gegee word.
    Die aanbevelings word gedoen op grond van die S-waardes en verhouding tussen CA,Mg,K en Na.
    My sel nommer 071 885 7850 of 082 774 8973 of 014 536 9900.
    Ek sien uit om van jou te hoor.
    Hannes Slabbert


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X