Grond Guru

Vrae oor besproeiing met brak water

Vraag

Watter kontantgewasse kan aangeplant word in klei grond en besproei word met brak water? Die grond is geleë in Namibië naby Mariental en langs die Visrivier. Daar is genoegsame water in die rivier, maar in die laaste helfte van die jaar vóór die reënseisoen word die water brak. Ek beoog om nie meer as 1 ha te beplant. Wil graag weet watter soort groente en ook vrugtebome sal floreer in klei grond en brak water?

Antwoord

Ek sal antwoord met die inligting tot my beskiking.

Die feit dat die grond kleierig is pla my nie, mits daar genoeg water beskikbaar is. Klimaat, meer spesifiek laat of vroeë ryp, gaan bepaal wat u op die spesifieke grond gaan verbou. Die feit dat die rivierwater aan die einde van die seisoen brak is beteken dat daar al heelwat soute in die grond oor die tyd kon opgebou het. Hoe brak word die water?

My aanbeveling op die oomblik is om die bogrond en ondergrond te laat ontleed om te bepaal hoeveel Ca, Mg, Na, K, P, weerstand, pH en geleiding/weerstand die grond het. Ontleed asseblief ook die water wanneer die rivier loop en ook aan die einde van die seisoen wanneer die water “brak” is.

Met die inligting sal ek kan bepaal watter gewasse wat verdraagsaam is verbou kan word. Verder kan daar met behulp van die soutbalans voorspel word hoe u die water moet/kan gebruik, al dan nie. Ek benodig ook die vroegste datum en laaste datum wat ryp kan voorkom asook die reënval hoeveelheid per maand deur die jaar.

Sonder die inligting sal ek bloot kan raai en mag dit nie die gewenste resultaat het nie.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter, grondkunde, Universiteit van Stellenbosch


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X