Grond Guru

Speel Albrecht-beginsel rol?

Vraag

Ek het onlangs grondontledings deur FarmSecure laat doen. Toe die uitslae terug kom het ek gesien dat ek 'n posfaattekort het (0-10% ). Ek sit ook met hoë Kalsium wat die mikro elemente in die grond vas hou. My vraag is: watse kunsmismengsel met ek toepas en teen hoeveel kg/ha met 'n verwagte oes van 9 ton droëland om die tekort reg te stel, 4:3:4, 3:2:1, ......? (tans gee ons 4:3:4 teen 250kg/ha) PS: die hoë Ca word reggestel met kalsietiese- en dolomietiese kalk. Baie dankie Bernard Kotze Paulpietersburg Kwa-Zulu Natal

Antwoord

Hier is dr. Hardie Peters, ons bemestingdeskundige, se antwoord:

Wat is die pH van die grond? Watter gewas gaan verbou word? Sonder die pH van die grond kan ’n sinvolle en betekenisvolle aanbeveling nie gemaak word nie. Met ’n té lae pH verwag ons bepaalde probleme en net so met te hoë pH kan ons weer mikro-elemente tekorte verwag.

Die aanbeveling wat volg, word op die aanname gemaak dat die pH te hoog is, weens die probleme met mikro-elemente. Die addisionele byvoeging van meer Ca, kalsities of dolomities mag moontlik die sogenaamde Albrecht-beginsel wees. Die beginsel is is al telkemale verkeerd bewys en die produsent se huidige probleem mag dalk daaraan toegeskryf word. Die byvoeging van nog meer kalsitiese en/of dolomitise kalk gaan die Ca-inhoud van die grond nog verder verhoog, wat die probleem net gaan vererger.

Wat in werklikheid moet gebeur is dat die pH verlaag moet word deur blomswawel en/of organise materiaal by te voeg. As die pH nie verlaag word nie, gaan al die toegevoegde ammonium-gebasseerde N bevattende kunsmisstowwe net in die grond vervlugtig en as gas (NH3) uit die grond verlore gaan. Nitraatvorme van N-bevattende kunsmisstowwe is meer effektief in hoë pH gronde en sal nie vervlugtig nie. Die NPK mengsels bevat gewoonlik beide ammonium en nitraatvorms van N.

Wat is die werklike mg/kg vlak van fosfor (P) in die grond en watter ekstraksie metode is vir die bepaling van P gebruik? Indien die grond pH hoog is (bokant 7 in water) dan word die P onbeskikbaar vir en word Ca-P neerslag gevorm en word die Ca op karbonate geadsorbeer. Regstelling van die grond pH en byvoeging van blomswawel en/of organise materiaal sal die P en mikrovoedingstowwe vir plante meer beskikbaar maak. Die byvoeging van meer P-bemestingstowwe tot die grond met ’n hoë pH gaan nie help nie, want dit gaan slegs onmiddelik met Ca in die grond verbind en karbonate vorm.

Indien beide die Ca en Ph te hoog is, bemes dan met Magnesium (Mg) in die nie karbonaatvorm, byvoorbeeld Mg-sulfaat, of kaliumsulfaat (K). Blaarvoeding met mikrovoedingstowwe en Mg is goeie korttermyn alternatief om te oorweeg as die regstelling van die pH te duur gaan wees. Die plant se voedingstekorte sal hierdeur aangespreek word. Mg-voeding kan ook help met die opname van P deur die plant, so as Mg tekorte voorkom kan dit tot P tekorte aanleiding gee, al is daar genoeg P in die grond aanwesig.

Ek hoop hierdie kort verduideliking sal help. Ek is nuuskierig om uit te vind volgens watter riglyne u aanbeveling van die ekstra Ca gemaak is? Lekker boer.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: grondkunde, Universiteit Stellenbosch


Kommentaar

Een kommentaar op “Speel Albrecht-beginsel rol?

  1. Kobus Swart
    Kobus Swart

    Hello daar, die enigste manier op u fosfaat vlakke reg te stel is dat u moet langfos toedien. U kan na http://www.geckofert.co.za gaan om dit te kan bestel.
    Groete. Kobus


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X