Grond Guru

Soek raad om groenvoer te plant

Vraag

Middag, ons is gelee in Witrevier, Laeveld en het 22 ha wat ons wil aanplant met weiding om vee op te sit. Die grond sal onder besproeing wees. Wil graag beeste of skape opsit. Hoeveel beeste/skape sal ons kan dra hier en ook wat sal die beste groenvoer wees om aan te plant, het lusern in gedagte. Enige raad sal baie waardeer word. Baie dankie

Antwoord

Die keuse van weidingtipe vir skape en beeste verskil redelik drasties aangesien skape korter weiding as beeste verkies.

Wil aanbeveel dat vir beeste Panicum maximum (Witbuffelgras) as somerweiding en grasklawer as “koelseisoen” weiding oorweeg word. Kultivarkeuse kan met die plaaslike saadmaatskappye bespreek word.

Dit is noodsaaklik dat grondontledings so gou as moontlik gedoen word sodat die nodige regstellings van kalk, fosfor en kalium voor vestiging gedoen kan word.

Die getal diere sal bepaal word deur bemesting en bestuur van die weiding, maar ‘n gemiddeld van 2 – 2,5 grootvee-eenhede (GVE)/ha/jaar behoort haalbaar te wees.

Indien lusern vir hooiproduksie oorweeg word, kan 14 – 15 t hooi/ha/jaar moontlik te wees.

Dit is egter noodsaaklik dat daar vir lusern ook ondergrond-monsters (400 – 500 mm diepte) voor vestiging geneem moet word.

* Geskryf deur Willem Breytenbach, landbou- en weidingsadviseur, Farmsecure.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X