Grond Guru

Sinktekort in grond – hoe nou?

Vraag

Wanneer 'n grondontleding toon dat 2,3 - 4,7 mg/kg Zn teenwoordig is op 'n sanderige grond met pH van 6,6 wat is die korrekte wyse om die probleem aan te spreek? Dadelik blaarvoeding om tydelik tekort aan te spreek of die aanbevole ZnSO4 toe te dien deur drup? Hoe effektief is ZnSO4? Hoe effektief is normale blaarvoeding of word grondregstelling van Boor en Sink aanbeveel?

Antwoord

Die gewas word ongelukkig nie vermeld sodat ’n volledige antwoord gegee kan word nie. Die metode van die pH-bepaling word ook nie vermeld nie, byvoorbeeld of die pH-waarde in water, KCl of CaCl2 bepaal is.

Dit maak ’n baie groot verskil aan die strategie. Blaarvoeding is baie effektief en waarskynlik meer effektief as grondtoediening. Daar moet meestal ’n reeks van blaarvoedings gedoen word, maar dit hang af van die gewas. Sinksulfaat is ’n hoogs effektiewe sout. Boor-blaarvoeding is ook baie effektief, maar grond toediening is ewe effektief, trouens dit kan maklik tot toksisiteit lei indien te veel op die grond toegedien word.

* Geskryf deur mnr. Tienie du Preez, afdelingsbestuurder: tuinbou, Farmscure, Strand.

 

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X