Grond Guru

Ruimtelike variasie en grondmonsters

Vraag

Wat word bedoel met ruimtelike variasie en wat word bedoel met breebandplasing van mistowwe? Wat het spoorvervoer te doen met grondmonsterneming? Joe Niehaus

Antwoord

Uys Lourens, hoof van GIS-stelsels van Farmsecure, skryf:
Ruimtelike variasie beteken eenvoudig dat ‘n enkele land of blok nie oor sy totale oppervlak absoluut homogeen sal wees nie. Die land of blok sal oor die totale oppervlak verskil in grond-fisiese of grond-chemiese eienskappe, of beide.  Die boer/produsent en landboukundige moet saam besluit op watter vlak hierdie variasie bestuur behoort te word. Daar is al studies gedoen wat klein stukkies grond in 1m x 1m “grid cells” opgedeel is en die fisiese en chemiese eienskappe van elke vierkante meter gedokumenteer is. Nie een van hierdie aparte vierkante meter areas was identies nie.

Dit is bykans onmoontlik en ook onekonomies vir die boer of landboukundige om ruimtelike variasie op een vierkante meter te bestuur. Afhangend van die tipe gewas en verbouingspraktyk kan ruimtelike variasie van kwarthektaar selle (50m) na tweehektaarselle (141m) gekarteer en bestuur word.

Dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde aan die Unvirsiteit van Stellenbosch, skryf:
Ek dink ons moet net verder toelig dat die boer op ’n bepaalde land of gedeelte van land waar dit homogeen lyk, ’n hele paar plekke monsters moet neem. Die monsters van die bogrond (0-30mm) en ondergrond, moet apart gehou word. Meng die bogrond monsters saam (5-10 monsters) en trek daarvan ’n submonster wat dan na die laboratorium vir ontleding gestuur word.

Breedwerpige plasing beteken dat die kunsmis oor die hele oppervlakte uitgestrooi word terwyl by bandplasing die kunsmis deur ’n skottel of tand in ’n nou band geplaas word. Dit word gewoonlik onder of langs die saadry gedoen. Met breëbandplasing word dan ’n strook bemes wat gewoonlik in die plantry sal wees.

By spoorverkeer moet daar verkieslik nie in die spoorverkeer (trekkerspoor) monsters geneem word nie omdat die plante swakker daar sal groei weens kompaksie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X