Grond Guru

Peulgewasse vrek met eerste vloed-besproeiing

Vraag

Goeie more. Ek wil graag 'n vraag vrae maar is nie seker of dit die regte plek is nie. My pa boer naby Kakamas in die Noord-Kaap. Sodra daar enige peulgewasse geplant word gaan dit dood na die eerste besproeiing toegedien word. Die grond wissel van sanderige grond tot slik grond. Die gronde word omgeploeg voor beplanting en dan word die saadbed voorberei. Ons is nie seker of dit die grond of die besproeiingswater is nie aangesien ons van vloedbesproeiing gebruik maak uit die Oranjerivier. Dit is op twee gevalle waar geneem waar onderskeidelik sojabone die een jaar en die tweede jaar lensies aangeplant is op verskillende lande. Die ironie is dat die gronde voor beplanting nat gemaak word en dan word die gewasse geplant. Hul kom mooi op en dan sodra die eerste besproeiing gemaak word gaan die plante dood. Enige raad sal wardeer word aangesien die kunsmis verskaffer 'n kunsmis voorgeskryf het maar dit het ook nie gewerk nie.

Antwoord

Carel, jy moet die betrokke grond laat toets vir pH, Na-inhoud, geleiding en weerstand. Laat toets ook die besproeiingswater. Ek vermoed die grond is dalk brak en as jy met varswater besproei, slaan die grond toe. Die grond dispergeer, breek op in baie fyn deeltjies, en dit verstop die porië. Die gevolg hiervan is dat ’n korsvorm en saailinge nie kan opkom nie. Die feit dat die plante ná die eerste besproeiing doodgaan, is omdat die plante versmoor as gevolg van die kors wat vorm. Plantwortels is lewende organe en moet ook asemhaal. Die probleem lê nie by die kunsmis nie maar volgens my by die varswater en die brak grond. Stuur vir my ’n volledige grond- en waterontleding dan sal ek met ’n aanbeveling dalk die probleem oplos.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter van die departement grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X