Grond Guru

Maklike grondontledings met pH-meter

Vraag

Is daar 'n maklike manier om my grond se pH te bepaal - ek sien daar is heelwat pH meters in die mark beskikbaar - is hulle hulle geld werd? Ek weet enige drastiese besluite (soos om kalk toe te dien) moet voorafgegaan word deur betroubare grondontledings. Ek soek egter 'n vinnige manier om vas te stel of daar pH probleme in my grond kan wees!

Antwoord

Die pH-meters wat tans oral te koop is werk, party beter as ander. Die meer duurder tipes wat met kalibrasie vloeistof en ’n houer kom waarin die elektrode geplaas kan word, werk gewoonlik die beste. Dit gee vir ’n mens ’n goeie aanduiding van die pH in water, maar ’n mens moet maar ’n volledige ontleding by ’n geakrediteerde laboratorium laat doen wat die kalkbehoefte kan bepaal. Moet asseblief nie die wolhaarstories glo wat tans in die landbou verkondig word aangaande die ideale balans soos op baie duur kursusse tans verkondig word nie.

Net ’n waarskuwing by die gebruik van die pH-meter. Die meter kom gewoonlik met twee kalibrasie oplossings, naamlik een van pH 3 en een van pH 7 of 8. Die meter moet gekalibreer word om ’n akkurate lesing te kan neem. Die elektrode moet altyd in sy spesiale vloeistof gestoor word om die sensor te beskerm. Dit is gewoonlik die duurste item wat vervang moet word. Die laboratorium sensors kan tot R3000 kos, maar die in die algemene handel is egter baie goedkoper. Lekker pH bepaal.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X