Grond Guru

Kan klei die struktuur van sanderige grond verbeter?

Vraag

In Australië word klei soms gebruik om sanderige grond se struktuur te verbeter. Hoe werk dit?

Antwoord

Dit kan moontlik op klein skaal (tuine, potmateriaal, ens.) gebruik word, maar op groot skaal is dit nie ekonomies nie en die tipe klei moet baie versigtig gekies word.

Om een hektaar sandgrond se klei-inhoud met 5% tot ’n diepte van 60cm te verhoog, moet ongeveer 1000 ton goeie kleigrond met ongeveer 8000 ton sand intiem vermeng word. Die klei wat gebruik word moenie baie suur of brak wees nie en moet stabiel wees en nie verslemp* indien dit besproei word nie.

Die kleimateriaal se chemiese samestelling moet ook reggestel word voordat dit met die grond vermeng word. Die vermenging van klei met ’n sanderige grond het ons al verskeie kere in die laboratorium probeer nadoen. Ons wou op dié wyse leemgrond skep. Ons was sover nog nie suksesvol met dié pogings nie.

Nota: Wanneer ’n grond verslemp, veral die inerne struktuur deurdat die soute, hoofsaaklik Na, wat aan die kleiplaatjies geadsorbeer is, die watermolekules aantrek en so in oplossig gaan. Wat fisies gebeur is dat die kleipartikels/plaatjies wat om sandkorrels (kwarts) as ’n lagie geabsorbeer is, word afgeskop wanneer die Na in oplossing gaan en dit beweeg tussen die ander sandkorrels in en verstop die porieë. Die gevolg is dat daar ’n lagie op die grondoppervlak of in die bogrond vorm waardeur water baie moeilik kan beweeg. Dit veroorsaak dan versuipkolle op die oppervlak. Wanneer die grond dan uitdroog vorm die lagie ’n harde kors waardeur plante nie kan groei nie.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, department grondkunde, Universiteit Stellenbosch en mnr. Tienie du Preez, afdelingsbestuurder: tuinbou, Farmscure.


Kommentaar

Kommentaar (4) “Kan klei die struktuur van sanderige grond verbeter?

  1. Dana Kellerman
    Dana Kellerman

    Kan verslemping veroorsaak word as soute en veral Na opbou in besproeiingsgrond met 20% klei as gevolg van swak kwaliteit water?

  2. David Krynauw
    David Krynauw

    Die maklikste metode om sandgrond se struktuur te verbeter is seker maar om ‘n gewas te plant en dit dan in die grond in te werk. So kan bv tef in die somer of hawer in die winter gevestig word wat dan later in die grond gewerk word. ‘n ‘Rotavator’ doen wondere maar is duur vir ekstensiewe boere met relatief lae waarde gewasse soos bv. mielies. Grond wat so bewerk word is merkwaardig bestand teen erosie.

  3. Gronddokter
    Gronddokter

    ? Rotavator verniet juis die aggregate in die grond omdat die werktuig dit stukkend slaan. Grondstruktuureenhede word deur aggregate gebou. Aggregate wat aan mekaar bind vorm struktuureenhede. Organiese materiaal, etlike tonne per ha is nodig om aggregaatvorming in gronde aan te help

  4. Charus
    Charus

    Jannie Basson het klei met sukses op sandgronde toegedien in die Clanwilliam omgewing.Ek vermoed die hoeveelhede wat benodig word om ‘n verskil te maak kan heelwat minder wees. Daar was ongeveer 10 jaar gelede ‘n goeie publikasie in Plant en Soil oor grondverbetering. Alles word seker maar bepaal deur die prys van landbou grond


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X