Grond Guru

Inplant van eenjarige gewasse in gevestigde lusern

Vraag

Ek wil graag weet of dit goeie praktyd is om hawer/gars tydens laat herfs in lusern met behulp van n "no till " planter in te plant en sodoende die wintergewas gedurende die lente te sny en baal. Die lusern word besproei mbv spilpunte en word hoofsaaklik gesny en gebaal vir eie gebruik en sommige word verkoop. Die rede vir my vraag is die volgende; 1.ons het gewoonlik n tekort aan goeie ru-voer in Sept/Okt en die winterweidings kan die tekort aanvul 2. word die lusernplant beskadig agv die "no till planter" se sny aksie 3. is daar enige voordeel vir die lusernplant agv die wintergewas se onttrekking van stikstof Ek boer teen die Oranje Rivier in die Aliwal/Burgersdorp omgewing

Antwoord

Die aanplanting in die lusernstand van die beoogde wintergewas kan moontlik werk. Onthou dat die wintergewas en lusern gaan kompeteer vir water so die besproeiingshoeveelhede moet aangepas word. Gee dus ‘n bietjie meer water. Bemes soos wat u normaalweg sou vir die wintergewas om sodoende kompetisie van die lusern uit te skakel. Van die lusern se vlakker wortels mag moontlik deur die no till planter beskadig word, maar behoort weer te groei.  Bogrondse plantdele kan egter ook beskadig word. Dit mag wel die moeite werd wees om die praktyk slegs eers op ‘n gedeelte van die sirkel te toets voordat u die praktyk op grootskaal doen. Sterkte met die proef en laat weet of dit gewerk het.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter van die departement grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X