Grond Guru

Hoë vlak van chloor en natrium in grond, water

Vraag

Ek boer in die Laeveld op ’n 100 ha plaas, riet en wissel met groente. Die opset van die vorige eienaar was om die rivierwater-kwota in 'n spruit in te pomp wat ’n keerwal in het. Sodoende het jy meer water tot jou beskiking vir ingeval daar ’n droë tyd deur die jaar voorkom. Ek spook nou al 4 jaar om die balans in die grond te herstel maar kry min resultate. Nou, dié water in die spruit is hoog in chloor en natrium, baie hoër as die van die rivier. My vraag is kan die water die probleem wees al het ons ’ n hoë reenval in die gebied of is ek maar net te haastig?

Antwoord

Hoë Chloor en Natrium in jou water is moeilik om te oordeel, sonder enige konkrete resultate. Ek weet ook nie na watter balans jy die grond wil herstel nie. Ek sal probeer om jou vraag so in die algemeen te antwoord. Indien jy water met reeds ‘n hoë Chloor en Natrium-inhoud gebruik, gaan dit in die grond oor tyd opbou indien jy dit nie doelbewus gaan uitloog nie.

Hoe suksesvol die poging gaan wees gaan afhang van jou grond se Katioonadsorpsievermoe (KAV) en ook van die grond se elektriese geleiding (EG). Beide kan deur ‘n laboratorium bepaal word. Die inligting tesame met die waterontleding wat die hoeveelheid Cl, Na, K, Ca, Mg en pH bevat, kan dan gebruik word om ‘n aanbeveling te maak van hoeveel Gips per ha en hoeveel water (mm of m3) nodig is om die nadelige soute uit die profiel te loog (uit te was). Dit is stadige proses en neem soms ‘n paar seisoene om reg te kry. Stuur die nodige inligting en ons hier by Universiteit Stellenbosch sal help.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter, departement grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Kommentaar

Kommentaar (2) “Hoë vlak van chloor en natrium in grond, water

  1. Jan Combrink
    Jan Combrink

    goeie dag…ons is in die omgewing…jys meer as welkom om my tebel op 0737324766…en ons kyk hoe ons jou kan help…groete jan combrink impala kunsmis

  2. hpotgieter

    Goeie Dag.
    Ek woon in Durbanville en het soortgelyke probleem met my boorgat water. Ontleding wys die volgende:

    Ph: 5.2; EC @25degree: 371.8 (mS/m); Na: 504.7 mg/L; Cl: 1210 mg/L; TDS: 2380 mg/L.

    Die water word benodig vir besproeing asook vir toilette toevoer. My huis het slegs Solar (met batterye) en Wind turbine krag bronne, so enige elektriese aparaat word sorgvuldig gekies. Die boorgat (40m diep) pomp na een van twee 5000L tenke, via n sand filter, en n tweede automatiese pomp voorsien dan besproeing. Tans meng ek reenwater vanuit die een tenk vir besproeing doeleindes.

    Ek het voorstelle ontvang vanaf EzFlo (met Agri Flush en Calcium by-behandeling) asook een vir Reverse Osmosis, vir die behadeling van die hoe sout en Chloor vlakke van die boorgat water.

    Wat is die beste lang termyn oplossing vir hierdie probleem water.

    Dankie Hugo


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X