Hoe gemaak met ‘n brandwurmplaag?
Vraag
Ons het n peulbos uit ons tuin verwyder en sedertdien het ons 'n plaag. Die brandwurms is orals. Hoe raak ek daarvan ontslae sonder om my diere in gevaar te stel. Kan hierdie wurms skade aan my kruie en groente veroorsaak?Antwoord
Hi Wilma
As die brandtwurms groot is, is hulle waarskynlik in hulle laaste larwale stadiun.
Hulle het waarskynlik op die peulplant gevoed. Ek glo nie hulle sal jou groente vreet nie. Hulle is in die laaste larwe stadium en gaan waarskynlik nou papies maak. Daar is baie insekdoders wat die wurms sal dood. Ek sou hulle nie nou spuit nie. As hulle jou regtig pla kan jy ń breedwerpige insekdoder by jou naaste tuinwinkel kry.
*Geantwoord deur Lourens de Jager, tegniese adviseur van Nulandis
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans