Grond Guru

Plek vir goed gekwalifiseerde grondkundiges in SA?

Vraag

Wat is die toekoms van goed gekwalifiseerde grondkundiges in Suid-Afrika?

Antwoord

Die vraag na grondkundiges het oor die laaste vyf jaar baie toe geneem. Die toename in studentegetalle het nie hiermee tred gehou nie en gevolglik is daar ’n groot tekort aan grondkundiges in Suid-Afrika.

Ons kry gereeld private maatskappye wat ons kontak en na grondkundiges soek. Verder is ’n groot persentasie van die lede van die Grondkundevereniging van Suid Afrika (GVSA), oud en naby aftrede wat ’n nóg groter vraag in die toekoms gaan skep.

Enige nuwe ontwikkeling in Suid-Afrika, soos die ontwikkeling van ’n nuwe woonbuurtof industriële uitbreiding, moet ’n omgewingsimpakstudie ondergaan en daar moet ’n grondkundige volgens wetgewing as deel van die span wees.

In die verlede het afgestudeerde grondkundestudente by die staatsinstellings en LNR gaan werk maar tans word hulle almal deur die private sektor opgeraap. Die beginsalarisse van afgestuurde grondkunde studente wat ’n vierjarige landbou-grondkunde kwalifikasie het, is in baie gevalle vergelykbaar met die waarmee afgestudeerde ingenieurstudente begin.

Studente met ’n MSc-kwalifikasie begin op ’n hoër salaris as afgestudeerde ingenieurstudente. Ek kan bloot getuig van waar ons oudstudente werk en dit sluit plaaslike maatskappye in van die mynbedryf (grond rehabilitasie, landboubedrywe (kunsmis, vrugte verpakkingsmaatskappye en private konsultasies) en staat en semi-staatsinstellings. Tientalle van ons oudstudente werk in die buiteland in lande soos Amerika, Duitsland, Britanje en in die Midde-Ooste in Abu Dhabi, Katar, Arabiese Emirate, ens.

Die mense wat Grgondkundiges aanstel is gewoonlik op soek na studente wat ’n vierjarige graad in agriwetenskappe (Landbou) het met grondkunde as hoofvak in kombinasie met ’n hoofvak in een van die volgende: Chemie, hortologie, wingerkunde, agronomie of planpatologie. Grondkundiges het baie werksgeleenthede en tans lewer die universiteite in Suid-Afrika nie genoeg goed gekwalifiseerde grondkundiges op nie.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universteit van Stellenbosch.

 


Kommentaar

Kommentaar (2) “Plek vir goed gekwalifiseerde grondkundiges in SA?

  1. Emil
    Emil

    Baie dankie vir die baie goeie en volledige terugvoer.

  2. Chantell Venter
    Chantell Venter

    Goeie dag aan wie dit mag aangaan

    Ek wil asseblief 2 CV’s vir jou aanstuur
    Twee jong mans is op soek na boerdery werk
    Sal dit baie waardeer as u my terug skakel
    Dankie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X