Grond Guru

Geskikte area vir blomme, vrugte, groente en bessies

Vraag

Goeiedag, Ek wil vir my 'n plasie koop van sowat tien tot vyftien hektaar om met bogenoemde gewasse te boer. Kan u vir my aub raad gee oor watter omgewings in SA is geskik vir hierdie gewasse. Ek dink aan die Wes- Kaap. Die vrugte sal waarskynlik perkes, appelkoose, vye en amandels en pekanneute wees.

Antwoord

Die vraag het nie ’n kort eenvoudige antwoord nie, ek gaan bloot ’n paar riglyne gee. Eerstens moet ’n mens na die klimaatsvereistes van die gewasse kyk. Die Wes-Kaap het baie areas wat hieraan voldoen, net die pekanneute gaan nie so goed daar aard nie. Water is die ander baie belangrike faktor, aangesien dié gewasse slegs suksesvol onder besproeiing verbou kan word. Vrugteboerdery vereis baie tegniese kennis en is nie ’n boerderyvertakking wat sonder kennis en die hulp van ’n paar goeie konsultante en raadgewers aangepak kan word nie. Om dié tipe boerdery van nuuts af te begin sal baie geld benodig. Pryse (grondprys uitgesluit) kan wissel van R100 000 tot R250 000 per ha. Dit kan self dubbel soveel wees indien daar nog infrastruktuur ook ontwikkel moet word. Die beste opsie is om ’n bestaande plaas te koop en dit verder te ontwikkel.

Wat blomme betref, hier is `n paar wenke van dr. Lynn Hoffman, die deskundige op dié terrein. Toegang tot markte en ’n goeie vervoer-infrastruktuur is die belangrikste. Blomme is hoogs  bederfbaar en kan dus gewoonlik nie vir lang tydperke gestoor word nie, dus moet jy in staat wees om jou blomme na die mark op ‘n gereelde basis (daagliks/weekliks) te neem. Dis baie belangrik. As jy verbouing in kweekhuisstrukture doen, het jy gewoonlik produksie reg deur die jaar, met piektye wat jy skeduleer vir feesdae. Toegang tot markte is myns insiens van die belangrikste keuses wanneer jy op ‘n perseel besluit. Toegang tot hoë kwaliteite en genoegsame hoeveelheid water is uiteraard van soortgelyke belang.

# Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde. Universiteit Stellenbosch. (Die wetenskap wat landbouproduksie beïnvloed)


Kommentaar

Kommentaar (2) “Geskikte area vir blomme, vrugte, groente en bessies

  1. Tania Neethling
    Tania Neethling

    Vraag:
    Goeidag
    Ek wil begin met roose en barberton daisy te boer ek wil plaaslik en aan bloemeste voorsien ,gaan dit werk in die Vrystaat het ek tonels nodag en hoeveel water +- elke dag , hoe groot moet my grond wees is 4 hektar genog.
    Dan voer mens plante in of kan mens plaslik aan koop/

    • Jan Bezuidenhout

      Tania,
      Besoek die volgende webwerf:
      http://www.gertventerhydroponics.org.
      Prof. Venter is die kenner op die gebied van tonnels en wat jy daarin kan verbou. Hy bied ook kurusse aan.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X