Grond Guru

Gelykmaak van landerye

Vraag

My lande is baie ongelyk en veroorsaak dat baie versuipkolle en spoelskade voorkom ten tye van baie reën. Die lande is deur Landboutegnies uitgemeet en gekontoer. Ek wil graag weet wat is die koste-doeltgreffende manier om die lande gelyk te maak?

Antwoord

Die antwoord wil ek eers met ’n teenvraag beantwoord om meer inligting te bekom. Watter gewasse gaan jy verbou? Wat is die helling en die tekstuur (sanderige tot kleierige grond) waarvan ons hier praat? Water tipe reënval kom op die grond voor, sagte reën of donderstorms en van watter oppervlakte praat ons? Hoe diep is bogrond?

As die grond vir kontant gewasse gebruik word, gaan jy waarskynlik nie die koste van gelykmaak met beter opbrengste delg nie. As jy vrugte of groente op die grond gaan verbou, kan jy moontlik die koste deur hoër winste regverdig.

Om grond gelyk te maak is duur. Kontak die naaste grondverskuiwingskontrakteur om pryse te verkry. Daar is verskeie maniere wat alles bepaal gaan word wat deur die betrokke kontrakteur gedoen kan word. Stootskrapers, skroppe, vragmotors en landskawe kan gebruik word om die grond gelyk te maak. Landskawe (aangepaste skraper) is beskikbaar wat met behulp van globale navigasiesatelietstelsel (GNSS) (Ook bekend as GPS) en laserstrale na ’n vaste landsbaken gebruik maak, word algemeen in vloedbesproeiingsareas gebruik. Hierdie is moontlik die mees akkuraatste metode om grond gelyk te maak. Die grondverskuiwings vir die voorbereiding van die terreine waar die Olimpiese Spele in London aangebied is, is deur middel van stootskrapers met die betrokke toerusting (GNSS en laser) uitgevoer.

Grond word vlakker
’n Baie belangrike feit wat ’n mens nie moet vergeet nie is dat waar jy die grond wegneem, die grond vlakker word en jy dus sodoende die grond se potensiaal verlaag. Die grond moet dus diep genoeg wees, ten minste 1,5m diep, om genoeg grond te hê sodat die laagliggende gedeeltes opgevul kan word. Tydens die gelykmaakproses word die hele oppervlakte deur die swaartoerusting gekompakteer en dan moet die grond weer goed diep (750 mm indien moontlik) ná die tyd losgemaak word om die kompaksieprobleem reg te stel.

Ek beveel gelykmaak van gronde slegs aan indien ’n mens ’n probleem ondervind as die grond onder vloedbesproeiing is en jy nie ’n ander tipe besproeiingstelsel kan gebruik nie. Afloop-probleme wat tot erosie aanleiding gee, word die beste met kontoerwalle beheer. Versuipkolle kan moontlik met dreineringspype opgelos word.

Geskryf deur dr. Eduard Hoffman
Grondkunde, Universiteit Stellenbsoch
(Die wetenskap wat landbouproduksie beïnvloed)


Kommentaar

Kommentaar (2) “Gelykmaak van landerye

  1. Rietvallei
    Rietvallei

    Dankie vir die antwoord. Ek gebruik die lande vir verbouing van mielies en sojas. Die reenval is 800mm plus/jaar. Die probleem met tye van donderstorms is dat die gerinste verkil in hoogte in die lande dan loop die water en spoel klein slootjies in die land. Die water gaan le dan op die laagste punt en veroorsaak n versuip area. grond wissel van turf tot leem. Die koste sal ek moet opweeg teen die verhoogde gem opbrengs.
    Dankie Rietvallei

  2. andre
    andre

    Ek gebruik landskaaf met laser. Kontak my gerus vir kwotasie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X