Finansies

Wil vervoerwerk doen as besigheid

Vraag

Goeie dag. Dankie vir al jou insiggewende en ingeligte antwoorde op ons vrae. Ek wil egter vir jou hulp vra in 'n heel ander bedryf as boerdery. Ek het groot geword op 'n klein plasie in die noord Vrystaat. My ouers bly steeds op die plaas terwyl die grond uitverhuur word as weiding. Die inkomste uit die huur is nie heeltemal genoeg om my ouers te onderhou nie. Dus dra ek maandeliks by om al hul uitgawes te dek. Ingevolge voel ek dit natuurlik aan my sak. Veral hul mediesefonds uitgawes. Ek oorweeg egter om n vragmotor aan te skaf en my eie klein vervoer maatskappy te begin. Sodoende n ekstra inkomste te ginireer. Ek het op die besigheids plan besluit omdat ek voel ek sal die bestuur daarvan kan hanteer tussendeur my normale verantwoordelikhede as n werkswinkel bestuurder. Die probleem is egter dat ek nerens op die internet enigsins inligting kan bekom oor die lewens vatbaarheid van so n besigheid in die huidige ekonomiese klimaat nie. Ek verstaan dit is nou nie n boerdery vraag nie maar enige inligting of verwysing wat u my kan bied sal hartlik waardeer word. Groete Stoffel

Antwoord

As jy nou ‘n bydrae maak om jou ouers te onderhou stel ek voor julle hanteer dit met ‘n leningsrekening. M.a.w. jy “leen” die geld aan jou ouers. Dit is dan skuld wat vereffen moet word uit jou pa se boedel alvorens die ander erfgename in die boedel deel. Ek is beslis uit my diepte wat vervoerbesighede betref. Wat ek wel weet is dat jy as ‘n subkontrakteur vir ‘n bestaande vervoermaatskappy vervoerwerk kan doen. Jy het dan jou eie klein besigheidtjie binne die groter besigheid. Dit werk gewoonlik so dat jy self die vragmotor, bestuurder, diesel, onderhoud en versekering moet verskaf/betaal. Hulle allokeer dan vragte na jou en betaal jou ‘n tarief vir jou dienste en hou ‘n kommissie vir hulleself. In die landbou is daar veral graanvervoerders wat dit so doen.

Geskryf deur dr. Philip Theunissen

8 Maart 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X