Finansies

Wil redelike prys vir plaas bereken: Hoe gemaak?

Vraag

Hoe doen jy die lewensvatbaarheid-berekening van 'n plaas, soos gelykbreekpunte, ens. Boere is vandag belaglik met wat hul vir plase vrae. Ek soek 'n manier om 'n redelike prys vir 'n plaas te bereken. Ek weet dit hang van baie faktore af, soos die geografiese plek ens. Maar ek soek basiese punte om in ag te neem. Baie dankie Hennie

Antwoord

Huidige grondpyse maak hoegenaamd nie sin nie. Ek het dit probeer verduidelik in die volgende artikel:
http://www.computus.co.za/Artikels/FWGrondsewaarde.pdf

Jy kan ook hierdie gids gebruik om elke vertakking se winsgewendheid te bepaal, soos in die artikel verduidelik word:
http://www.computus.co.za/Publikasies/Vertakkingsbegrotings14.pdf

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen

8 Maart 2016


Kommentaar

Kommentaar (3) “Wil redelike prys vir plaas bereken: Hoe gemaak?

  1. Bruce Andrew
    Bruce Andrew

    Hello,
    Vir die interessantheidswaarde daarvan.
    XX

  2. mkruger
    mkruger

    Hennie,

    My voorstel aan jou is dat jy plaasveilings gaan bywoon.
    Die pryse daar is baie makker.

    Jy gaan egter nooit weer ‘n plaas kan koop waar die inkomse uit die plaas en plaasprys sin maak nie.
    Ek het nie onlangs bereken nie maar so jaar of so terug het ek bereken dat ‘n weidingsplaas so in die omgewing van R3000 per ha moes kos om hom uit die inkomste te kon betaal.

    Jy gaan nooit weer ‘n plaas daarvoor koop nie.

  3. Cobus de Bruyn
    Cobus de Bruyn

    Hennie, ‘n baie goeie vraag wat jy vra. Ek sou voorstel dat mens ‘n produktiewe waarde bepaling doen van die spesifieke plaas om vas te stel wat die produktiewe waarde is en dan vergelyk met die markwaarde van die eiendom. Die produktiewe waarde sal aandui wat die eiendom kan genereer. Sodra jy die produktiewe waarde bepaling gedoen het kan ‘n kontantvloeibegroting gedoen word om te bepaal wat die betaalvermoe en behoefte van die spesifieke eiendom / boerdery is. Indien ‘n kontantvloeiverhouding bepaal is kan ‘n sensitiwiteits analise gedoen word om te bepaal wat die gelykbreekpunte in die boerdery is.

    Cobus de Bruyn
    Divisionele Bestuurder Landbou
    Nedbank
    cobusd@nedbank.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X