Finansies

Wil met vleisbokke boer

Vraag

Goeie Dag, Ek is Wilhelmus van Staden en ek besit +-56 ha se berg/bosgrond naby Potgietersrus. Ek en my pa praat daaroor om met vleisbokke te begin boer. Daar is op die grond baie sekelbos en doringbome wat ek weet uit ervaring die bokke baie van hou - peul, bas en blaar. My vraag is: Met hoeveel ooie en ramme kan ek begin om te verseker dat die aanteelkoers van 'n winsgewende aard is? Nog 'n vraag: Sal so 'n boerdery suksesvol kan wees en watter raad kan jul my bied om dit suksesvol te kan maak? En hoeveel kapitaal sal ons +- moet neerle om te begin? Baie Dankie vir jul raad, Wilhelm Deur WilhelmusPhilippus

Antwoord

Jong hierdie een sal ek nie mee kan help nie. Het geen syfers van vleisbokke nie en ook geen idee van Limpopo se drakrag nie. Het al vantevore met ondersoek in Kathu my dood gesoek na selfs net bokpryse. Dis ‘n vreeslike kontantbedryf en baie transaksies vind informeel plaas. Niemand hou amptelike statistiek daarvan by nie. Beste opsie is om met ‘n bestaande bokboer te praat, as hy sy inligting sal deel!

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen

 


Kommentaar

Een kommentaar op “Wil met vleisbokke boer

  1. Dawie Krynauw
    Dawie Krynauw

    Ek ‘boer’ nou al 13 jaar met inheemse bokkies. Nog nie eintlik baie geld gemaak nie maar wel baie geleer daaroor. Beste sal wees om te kom kuier hier op my plaas naby Piet Retief. 082 668 1440


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X