Finansies

Wil met beeste boer

Vraag

'n Leser wil met beeste boer. Hy het R500 000 om mee te begin en vra of 'n bank hom sal help.

Antwoord

Vraag:
Ek wil binne die volgende jaar met beeste boer. Ek het kapitaal van sowat R500 000 om klein te begin. Sal dit met die hulp van ‘n bank moontlik wees? – Johan Van Straten (vanmj@telkom.net)

Antwoord:
Probeer eers grond huur om op te begin boer eerder as om sommer met die intrapslag grond te wil koop. Mens betaal baie skoolgeld as jy begin boer en grond wat by eiendomsagente of in media-advertensies geadverteer word is meestal die swakker gronde. Goeie gronde word opgeraap nog voor die eienaar self behoorlik weet hy wil verkoop. As jy dus eers huur kry jy ‘n gevoel vir wat werk en waar die goeie gronde is. Met R500,000 kan jy al ‘n skaflike klompie beeste aankoop. Ek is nie seker of jy dit reeds het en ‘n bykomende deel by die bank wil gaan leen nie en of jy die volle bedrag by die bank wil gaan leen. Banke is taai om geld vir vee uit te leen mits jy jou grond as sekuriteit kan aanbied en dit is iets wat beginnerboere gewoonlik nie het nie. Met vee kan ‘n mens egter maklik deeltyds op gehuurde grond begin boer en die kudde stelselmatig opbou totdat jy ‘n ekonomies lewensvatbare kudde het.

 


Kommentaar

Een kommentaar op “Wil met beeste boer

  1. Roals
    Roals

    Hallo.

    Ek wil net graag weet waar om te begin. Boer is my passie en eks so bietjie in die diepkant in gegooi. Ek het boer ervaring met beeste en skape.
    Enige hulp sal defentief waardeer word om my op die regte pad te sit.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X