Finansies

Wil graag beesboer word

Vraag

Ek wil baie graag deeltyds begin boer - met die oog om voltyds te boer.

Antwoord

Vraag:
Ek wil baie graag deeltyds begin boer – met die oog om voltyds te boer – maar die kapitaal laat dit glad nie toe nie en ek is ook nooit die geleentheid gebied om só iets aan te pak nie. Is daar dalk boere wat só iemand soek om in te span? – Juan Krynie (juank@skynet.co.za)

Antwoord:
Dit is bemoedigend dat daar nog mense is wat onder die huidige swak landboutoestande steeds wil begin boer. ‘n Sportloopbaan sou waarskynlik baie beter betaal het al is dit van korte duur. Vra maar vir ‘n paar Springbok-afrigters!

Daar is beslis baie poste op plase beskikbaar vir voornemde toetreders. Soos in enige ander beroep moet ‘n mens maar onderaan die leer begin en geleidelik hoër klim. Dit help ook altyd om ‘n paar vaardighede te hê. Hoe meer uniek sulke vaardighede is, hoe beter. Hou veral die klein advertensies van Landbouweekblad dop vir werksgeleenthede. Aansoekers wat nie kieskeurig is nie sal maklik geholpe raak, al moet jy dit net as ‘n eerste vastrapplek in die landbou gebruik.

 

  • Besoek dr. Theunissen se webwerf by www.computus.info

    4 Februarie 2006


Kommentaar

Een kommentaar op “Wil graag beesboer word

  1. leroy
    leroy

    Ek ht a paar bees wat me my boer end Skoal end book mar will meer doen mt my tyd ht a Howie ogg be boer boer all van 7 jar AF is nu 25 drink in rook
    ni


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X