Finansies

Waar kry ‘n nuwe boer finansiering?

Vraag

"Ek wil graag in begin boer, maar het geen kapitaal nie. Waar kan ek aanklop vir finansiering?

Antwoord

Vraag:
Ek wil graag in begin boer. My probleem is dat ek geen kapitaal het nie. Waar kan ek aanklop vir finansiering? – Deon Jacobs (deondjacobs@telkomsa.net)

Antwood:
Boerdery is ‘n kapitaalintensiewe onderneming. Dit beteken dat daar heelwat kapitaal betrokke is by die bedryf van ‘n boerdery. Dit sluit eerstens grond in en dan trekkers en implemente of aanteelvee. Daarna word daar ook nog bedryfskaitaal benodig om byvoorbeeld ‘n eerste oes te kan produseer. Gevolglik is finansiering nogal ‘n wesentlike probleem, selfs vir bestaande boere. Sonder ‘n mate van eie kapitaal is dit dus bykans onmoontlik om op ‘n lewensvatbare manier weg te spring en te begin boer.

Dit is egter nie ‘n voorvereiste dat al die kapitaal onmiddelik besit moet word nie. Grond kan gehuur word en trekkers of implemente kan op kontrakbasis gebruik word. Selfs aanteelvee kan om ‘n deel bekom word. Boer eers deeltyds totdat die boerdery vir jou kan sorg. Sonder sekuriteit sal iemand vir jou moet borg teken. Ja, ongelukkig is dit nie so bemoedigende antwoord nie maar dis die realiteite. Dit is baie moeilik om van niks af te begin boer sonder eie kapitaal.

Dr. Philip Theunissen, www.computus.info

19 Julie 2006


Kommentaar

Kommentaar (11) “Waar kry ‘n nuwe boer finansiering?

  1. NICO
    NICO

    EK IS OP SOEK NA IEMAND WAT MY KAN HELP.EK WIL MET BEESTE BEGIN BOER MAAR HET NIE DIE GROND NIE.AS DAAR DALK IEMAND IS WAT IN DIE BEDRYF IS WAT KAN HELP M.B.V GROND EN DIE AANKOOP IN SY/HAAR KUDDE. EK IS BERYD OM TEEN N DERDE VAN DIE AANTEEL AS VERGOEDING VIR DIE EIENAAR TE GEE.
    HELP ASB AS DAAR IEMAND IS WANT EK WIL BITTER GRAAG BEGIN BOER.

  2. Pieter
    Pieter

    Ek het grond ve beeste is in limpopo kontak my 0727636994

  3. martiens bothma
    martiens bothma

    Goeie dag ek will graag begin Boer met mielies in beeste maar het nie die plaas of kapitaal nie. Ek is bereid om hard te werk net on iewers the begin. As daar n Boer Daar buite is wat my kan help sal dit opreg waardeer word. Verkieslik in mpumalanga. Dankie

  4. Johanette Myburgh
    Johanette Myburgh

    Ek is vol stress van aansoeke indien en dokumente wat benodig word te email. Ons sake staan so.
    My man het homself deur sy broers laat uitkoop waar hy saam met hul in n trust geboer het. Ons het
    dorp toe getrek met die hoop dat ons grond kleiner grond sal kan koop hier maar sonder sukses.
    Dit is toe dat ons nog n eiendom en n besigheid koop. Januarie 2014 vind ons toe n stukkie grond en
    vra die bank om ons te help. Eers 100% toe 60% hulle en ons moet die 40% gee. Toe verkoop ons al
    bei die besigheid en die eiendom. Nou het ons weer nie n maandelikse inkomste volgens die banke.

    Dis niks ons neem toe van ons geld en bele dit by n maatskappy wat ons nou maadeliks nR x bedrag
    betaal dat dit nou maar ons bewys van inkomste is. Verder huur ons veld waar ons beeste loop. Daar kan ons net n sekere kota aanhou in een kamp. Dus die kallers en jong verse moet ons dan ver-
    koop want sie versies is te jonk vir die bul.
    So met enige boerdery is daar nie n maandelikse inkomste nie dalk 2/3 n jaar met groot verkope en
    dan moet jy jou begroting vir die hele jaar daarvolgens beplan. Maar die liewe banke verstaan dit
    nie.
    Ons huis waarin ons tans bly is in die mark Onder sy waardasie en op die skuld ons niks. Dit is op die
    huis wat ons die verband wil neem om die plot van8.8 hektar te koop. Ons sit met geen skuld net
    ons word nie gehelp. Ons tyd hardloop uit en as ons nie reg kom nie verloor ons die koop.
    Ek is so hardseer oor dit want dis so mooi plek met baie potensiaal. waar gaan vra jy hulp of moes
    ons maar liewer n klomp skuld he voor jy iets kry. Verkoop die huis dan betaal ons die bank al sy geld
    terug. En ja die huis sal verkoop.
    Wens ek het n goeie weldoender geken wat my en my man net tydelik kan help tot die huis verkoop
    is. GEE ASB RAAD ONS WEET REGTIG NIE MEER WATTER KANT TOE NIE.
    JOHANETTE

  5. Dominic
    Dominic

    Eks opsoek na iemand wat my net n hup stoot , kan gee asb. Ekt grond en het begin boer met groente en hoenders. Eks nog jonk en en wil boer. Ekt afset nodig vir my groente. Ek vra nederig hulp.

  6. Carin
    Carin

    My man is ‘n boer murg en been. Hy boer vir ‘n maatskappy – hulle boer met beeste en skape. Hy is ‘n hardwerkende, eerlike en pligsgetroue boer en mens. Hy het bitter baie kennis maar nie die geleerdheid nie – hy doen eie begrooting, eie bemarking en aankope. Ons werk vir ‘n klein salaris so ons sal nooit ons eie boerdery kan begin nie – die seun is ‘n game ranger en wil net so graag boer – hulle kan saa ‘n bitter goeie span maak. Ek bid elke dag dat daar ‘n geleentheid sal kom wat ons ook net vorentoe in die lewe kan neem. As daar dalk iemand is wat ‘n goeie bestuurder soek of wat grond het wat hy of sy net vir iemand wil gee om te boer sal dit so ongelooflik wees – of dalk nie kinders het wat kan oorneem nie of om ‘n deel wil boer of die finansies het om iemand te help dan is my man die regte persoon. Ons ken van swaarkry en hardwerk – soek net beter lewe vir ons kinders – soek nie weelde nie – wil hulle net beter kanse in die lewe gee. Ons verdien nou nie baie nie en word ook nie altyd goed behandel nie – ek is moeg daarvan.

    Dalk iewers is daar iemand wat kan help – ek skryf hierdie e mail uit moedeloosheid.

  7. Johanette Myburgh
    Johanette Myburgh

    Ek het al verlede jaar hier geva vir hulp of advies. word die blad ooit deur die persone gelees wat die
    blad geskep het. hoop jul kan my hieop antw.

    J. Myburgh

    • Jan Bezuidenhout

      Johanette, oor jou navraag: ons stuur die navrae uit, maar almal word nie altyd beantwoord nie. Die rede is dat ons kundiges nie vergoed word vir hul bydraes nie, enhulle doen wat hulle kan. My mening is om ‘n rekenmeester te gaan spreek om julle te help.
      Sterkte

  8. Arie Botha
    Arie Botha

    Ek het n geleentheid vir jong boere wat graag wil boer maar nie grond het nie. N buurland stel grond tot ons boere se beskikking wat graag wil boer. Daar is weivelde sowel as saai grond beskikbaar. Hulle soek ook mense wat n vis telery wil vestig. kontak my by bogemelde epos adres of by telefoon nommer 0834536822
    Hierdie is nie n scam nie en is nuut op die mark. Dis werklikwaar n kans van n leeftyd.
    Arie

  9. lizette jacobs
    lizette jacobs

    my man werk vir iemand en hy is al n paar jaar n hoender Boer.maar eienaar het plaas verkoop en ons moet einde January van plaas AF wees.Groot omwenteling vir ons kinders in skool.ons kan n plot huur in noordkaap,maar het kapitaal nodig om te begin.is daar dalk n barmartigge sameritaan Groot Boer wat ons kan hull verleen.wil baie klein begin.net om te kan lewe.

  10. Altus
    Altus

    Ek het al my vee verkoop met die onlangse 2 droë jare. Ek begin nou weer oor en kry nie n lening nie. Ek het wel die terugbetaal vermoë. Indien iemand 100 ( verkieslik dohne merino) ooie het wat ek kan afbetaal sal ek weer op die been kan kom. Weiding en water is genoeg. Goeie grond. Ek sal dit baie waardeer.
    Altus


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X