Finansies

Suksessie van vaste plaasbates in ‘n BK

Vraag

'n Leser soek raad wat uit 'n belastingoogpunt sin maak vir suksessie van die plase in 'n BK.

Antwoord

Vraag:
Ek het u antwoord op Alternatiewe vir suksessie in ‘n familietrust baie leersaam gevind. Ons het ‘n soortgelyke senario waar ons bates in twee beslote korporasies omvat word.

Die een korporasie omvat die vaste bates, naamlik twee plase, en die tweede beslote korporasie omvat die lopende bates. Oorspronklik was daar vier aandeelhouers, maar nou is ek en my pa die enigste aandeelhouers. My vraag is op die korporasie wat die vaste bates omvat, gerig. My pa hou ‘n 75 % aandeel en ek ‘n 25 % aandeel in die vaste bate korporasie. My ouers is 65 jaar van ouderdom en daar word vir hulle ‘n salaris betaal vir hul steeds aktiewe diens in die onderneming.

My vraag is: Het u enige voorstelle wat ons as ‘n gesin kan ondersoek vir generasie-suksessie van die genoemde korporasie wat die twee plase omvat? Is daar raad wat uit ‘n belastingoogpunt sin maak vir suksessie van die plase? – Jan de Waal (jan_de_waal@yahoo.com)

Antwoord:
Ek het nie regtig raad nie aangesien julle reeds ‘n goeie voertuig vir suksessie het. Jou pa moet net duidelik in sy testament aandui wat met sy belang van 75 % gedoen moet word as hy die dag te sterwe kom. Dan kan julle verder ook die moontlikheid ondersoek om die ledebelang na ‘n "inter vivos" trust oor te dra, nou of testamentêr.

Daar was baie onlangs ‘n amendement aan die Wet op Beslote Korporasies wat BK’s nou in staat stel om trusts ook as lede te mag hê. Voorheen moes BK’s slegs natuurlike persone as lede gehad het. Hierdie wysiging maak groot moontlikhede oop ten opsigte van suksessie. Daar is sekere voorwaardes aan verbonde soos dat die begunstigdes van die trust net natuurlike persone mag wees en dat daar nie meer as tien begunstigdes mag wees nie.

In julle geval kan julle slegs die ledebelange van die BK na ‘n trust oordra sonder om die vaste bates oor te dra. Die eindresultaat gaan dieselfde wees maar die koste daarvan gaan aansienlik minder wees.

Oor jou laaste opmerking: moet nooit suksessie uitsluitlik vir belastingdoeleindes beplan nie. Kyk na die totale prentjie. Belastingwette verander te gereeld en te drasties en wat nou werk kan binne een jaar nie meer werk nie. Vra eerder af wat moet van die plase word en wat is die geskikste voertuig om dit te kry waar julle dit wil hê. Uiteraard sal belastingoorwegings deel van jou besluit wees.

  • Dr. Philip Theunissen se webwerf is www.computus.info.

    3 April 2006


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X