Finansies

Soek program vir boerefinansies

Vraag

Sy is op soek na 'n rekenaarprogram om hul boerdery se finansies daarop te kan doen, skryf 'n boervrou.

Antwoord

Vraag:

Ek verneem by ander lesers dat julle in ‘n stadium ‘n rekenaarprogram vir boere, om hul BTW en inkomstebelasting te doen, geadverteer het. Kan u my dalk inligting daaroor gee?
Ek is op soek na so ‘n program sodat ek ons boerdery se finansies daarop kan doen. Ek is moeg vir boekwerk en skryfwerk en die gedurige optelsommetjies! – Irma Muller (irma@adept.co.za)

Antwoord:

Ander mense sal nie noodwendig met my saamstem nie maar ek is nie ‘n voorstander daarvan dat ‘n boer ‘n taakgemaakte landbouprogram vir sy finansiële rekordhouding gebruik nie. Die belangrikste vir my is dat ‘n program se rekeningkundige integriteit bo verdenking moet wees, dat die boer se ouditeur of rekenmeester die program moet aanvaar en dat dit op die einde betroubare finansiële state moet kan lewer. As die program ‘n uitvoerfunksie het waarmee dit data na Excel kan stuur, kan die bestuursinligting in Excel geoden word. My raad aan Irma is dus om haar rekenmeester/ouditeur te nader en ‘n program aan te skaf wat in sinkronisasie met hom is. Dan het sy ‘n plek waar sy rekenaar- en rekeningkundig kan gaan aanklop as sy vashaak.

Dr. Philip Theunissen, philip@computus.info

9 Oktober 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X